Kleingoed is mal oor kos wat as ‘n “prentjie” aangebied word. Voortaan sal ons meer resepte deel wat jou kind sal laat “oe” en “aa” oor Mamma se kreatiwiteit.
Monster-broodjie resep:
Genoeg vir: 1 toebroodjie
Bestandele:
- 2 snye volgraan brood (of ander)
- 4 snytjies komkommer
- 2 donker olywe
- ‘n Klein bietjie roomkaas
- Ongeveer 4 snye Cheddar (of kaas van jou keuse)
- Ongeveer 2 snye Salami (of kouevleis van jou keuse)
- Botter of ander vulsel vir jou broodjie
Metode:
- Rooster die snye brood. Sny die broodjies sodat jy twee driekhoekige broodjies het.
- Smeer jou toebroodjies met botter (of plaas ‘n ander vulsel op die een gedeelte van jul broodjie).
- Plaas jou ronde stukke salami bo-op een kant van elke toebroodjie om die tong van die monster te vorm.
- Sny jou kaas in stukke om die tande van jou monster te vorm. Plaas die kaas bo-op die koue vleis
Comments are closed.