A+ Reeks

Ouers vind dit dikwels moeilik om opvoedkundige sagteware te vind - sagteware wat beide opvoedkundig is en wat kinders geniet om te gebruik.

Besige Breintjies is trots om die A+ Reeks opvoedkundige sagteware bekend te stel.

Die program ontwikkel vaardighede soos konsentrasie, om met begrip te lees, leesspoed, spelling, wiskunde, geheue en soveel meer. Hierdie beproefde vaardighede is vir u kind noodsaaklik om homself/haarself toe te rus met die fundamentele kennis vir die primêre opvoedingsfase.

Die program wat julle sal ontvang sal jou kleinding skoolgereed kry op 'n kontemporêre manier.

Hierdie program bespaar tyd en kan orals gebruik word: by die huis, in die motor, op vakansie, of selfs in die dokter se wagkamer! Die program verskaf ure se pret, terwyl kinders slimmer word - sonder dat hulle besef hulle is besig om te leer.

Die hele program is beskikbaar in Afrikaans en Engels.

Bee

Sleuteleienskappe van die program:

  • Positiewe terugvoer na elke aktiwiteit
  • Verbeter die vermoë om onafhanklik te werk en verbeter selfbeeld
  • Self-assesserings met onmiddellike resultate, sowel as vorderingsverslae vir ouers.
  • Aanpasbare sisteem - die moeilikheidsgraad word outomaties hoër of laer gestel
  • Ontwikkel om kindervriendelik en logies te wees
  • Ontwikkel kognitiewe en laterale denke en verbeter konsentrasie
Afrikaans

KOEKIESBELEID

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.