Apr 18

‘n Plesierige, maar gesonde Paasfees

Skrywer: Retha Booyens

Met Paasfees is ‘n oormaat sjokolade skielik aan die orde van die dag. Indien jy uit enige winkel kan stap sonder ‘n paaseier of sjokolade verdien jy beslis ‘n klop op die skouer.

Maar op ‘n meer ernstige noot, hoe verseker mens dat hierdie feestyd steeds plesierig maar ook gesond is?

In terme van Paasfees aktiwiteite is dit die perfekte geleentheid om herinneringe te bou, familie tradisies te vestige n ook sommer ontslae te raak v an die kleintjies se oortollige energie.

Gesonde eetgoedjies is ook ‘n uitdaging, maar ons deel ons beste en dieëtkundig-goedgekeurde bederfies.

Aktiwiteit: Skattejag

In plaas daarvan om net die gewone skattejag te doen, inkorporeer ‘n paar takies om te verseker dat die hele dag nie net gaan oor lekkers eet nie.

Hoe werk dit?

  1. Laai die gratis aktiwiteit hier af en druk dit uit.
  2. Kies die hoeveelheid lekkergoed, paaseiers en/of gesonde opsies wat weggesteek gaan word in die skattejag (neem ook die hoeveelheid kinders wat gaan deelneem in ag).
  3. Steek die items op strategiese plekke weg (lag genoeg sodat hulle kan bykom).
  4. Besluit hoeveel takies hulle moet doen nadat elke “skat” gevind is (2 of 3 tussen elkeen, hang af hoeveel “skatte” weggesteek is).
  5. Maak ‘n regmerk langs elke aktiwiteit wat voltooi is.
  6. Geniet die bederfies na die tyd.

Aktiwiteit: Plak die stert

Hierdie is ‘n lekker aktiwiteit om binneshuis te doen indien die weer nie saamspeel die naweek nie.

Hoe werk dit?

  1. Laai die gratis aktiwiteit hier af en druk dit uit.
  2. Knip die stertjie uit.
  3. Plak die papier teen die muur – laag genoeg sodat die kleingoed kan bykom.
  4. Verwyder enige breekbare items en potensiële gevare rondom julle speelarea (let op na skerp hoeke van tafels, ens.)
  5. Gebruik wondergom (Prestick) om die stertjie vas te plak.
  6. Blinddoek die kleintjies en draai hulle een keer in die rondte voordat hulle die stertjie op die hasie probeer vas plak.

Gesonder Bederfies

Moedig jou kleingoed aan om gesonder happies te eet deur hierdie interessante bederfies aan te bied.

Grondboontjiebotter (of enige ander neut botter) en appel

Vir ‘n gesonde, hoë vesel en proteien peuselhappie:

  • Sny appels in wiggies.
  • Smeer met grondboontjiebotter (kies die sout en suikervrye opsie).
  • Geniet!

Sjokolade vrugte

Vir die sjokolade liefhebbers onder ons – ons weet Paasfees sal nie dieselfde wees sonder bietjie van die lekker bederfie nie.

  • Sny enige vrugte in happie-grootte stukkies – aarbeie, piesangs, appels, druiwe, ens.
  • Smelt die sjokolade in ‘n dubbel-koker (een pot met kookwater en ‘n ander bod it sodat die sjokolade as gevolg van die hitte van die ander pot) of in ‘n mikrogolfoond (30 sekondes inkremente sodat dit nie aanbrand nie).
  • Doop die vrugte in die sjokolade en plaas op ‘n bord/ bakplaat met bakpapier om af te koel.

Vrugte en jogurt roomys

  • Neem enige vrugte van jou keuse – kies kontrasterende kleure vir ‘n mooier prentjie.
  • Sny die vrugte op in kleiner stukkies en plaas in ‘n roomysvorm (indien jy nie ‘n roomysvorm ht nie, gebruik gerus ‘n klein glas).
  • Voeg muesli, granola of fyngekapte neute by vir ekstra tekstuur (indien jy dit verkies).
  • Vul op met óf jogurt verdun met melk óf vrugtesap.
  • Indien verkies, kan alles ook saam verpulp word en dan gevries word.
  • Steek ‘n stokkie in die vorm en vries dan tot hard (2-3 ure).
Afrikaans

KOEKIESBELEID

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.