Okt 18

Wat is 'Speelse Ouerskap' en hoe help dit my kind?

Deur Emma Wijnberg, Pediatriese Arbeidsterapeut, Ouerskapmentor, Spreker en Slaapkonsultant.

In die artikel is my doel om aan julle te illustreer dat al die wonderlike dinge wat jy vir jou kind wens nie aan toeval, intuisie of genetiese skenking oorgelaat hoef te wees nie. Dit benodig ook nie ure se buitemuurse en verrykings aktiewiteite nie. Jy sal ontdek dat, in my ervaring, die beste manier om gelukkige, vreugdevolle, gaaf, goedgesinnig, en goed gebalanseerde kinders groot te maak is eenvoudig Speelse Ouerskap.

Doelbewuste en toevallige speel

Speelse Ouerskap beteken dat jy aansluit by jou kinders se speelwêreld, met ‘n fokus op konneksie en selfvertroue, giggel en lawwigheid, en om jou kind se leiding volg.

Die ontwikkelings- en emosionele voordele van speel is absoluut eindeloos. Speel help kinders om intrinsieke belange en vaardighede te ontwikkel. Hulle kan leer hoe om besluite te neem, probleme op te los, selfbeheersing uit te oefen en reels te volg; leer om hul emosies te reguleer, vriende te maak en leer hoe om as gelykes met ander oor die weg te kom, vreugde te beleef, hul liggame koördineer en sensoriese inligting verwerk.

Deur al die effekte bervorder spel geestesgesondheid.

Die omvang van die artikel is absoluut oneindig, en ek het SO gesukkel om dit te vernou want ek kan dae lank skryf... en skryf…DIT is hoe ongelooflik speel is! Ek kan praat oor enige van die ontwikkelingsvoordele van speel, of almal van hulle…en ek sal…in toekomstige artikels.

Hierdie maand gaan ek probeer om bondig te wees. My doel is om die opwinding van spel in jou hart aan te steek. Om jou speelvermoë weer aan te steek en jou te inspirer om ‘n speelse ouer te wees.

Soos ons weet, die brein is buigbaar. Deur ons omgewing kan ons die brein “sterker” of “swakker” maak. Ek glo werklik dat ons, ten spyte van ons beste bedoelings, ons kinders se breine ongelukkig in die verkeerde rigting hervorm. Ek dink ‘n groot bydraende faktor tot baie van die probleme waarmee ons kinders sukkel, is ‘n gebrek aan speel en konneksie. Ons is almal besig. Ons is almal haastig. Daar is net SO VEEL DRUK OM TE DOEN dat ons sukkel om net te wees. Het jy geweet dat die regterbrein eerste ontwikkel? Dit gebeur teen die tyd dat kinders 3-4 jaar oud is. Die linkerbrein, aan die ander kant, kom nie heeltemal aanlyn tot dat kinders omgeveer sewe jaar oud is nie, daarom is die eerste sewe jaar erken as so ‘n kritieke tydperk in kinderontwikkeling. Die linkerbrein se funksie is taal, syfervaardigheid, geletterdheid, analise en tyd. Dit is die logiese, berekenende, beplanning, besige by deel van ons wat ons veranker hou in die pragmatiese wêreld, en in verlede en toekoms. Die regterbrein, aan die ander kant, is verantwoordlik vir empatie, intuïsie, verbeelding en kreatiwiteit. Dit is waar on wonder, droom, konnekteer en lewendig kom. Deur die regterbrein woon ons in die gebied van geen tyd, waar ons absoluut teenwoordig is. Terwyl die linkerbrein meer geïntereseerd in uitkomste of produk is, die regterbrein gee veel meer om oor die proses- die reis is wat saak maak, nie die bestemming nie.

As ons dit verstaan, kan ons beter besef waarom speel so belangrik is in die leer en ontwikkeling van kinders, en waarom ons so versigtig moet wees met die druk wat ons op ons kinders plaas om te doen.

Dit klink in teorie ongelooflik maar ons almal weet hoe moeilik dit prakties is. Ons as ouers, en ons kinders, is onder meer druk as ooit tevore. Die wêreld het verander, die toekoms het verander en ouerskap het verander so dit is geen wonder dat die kinderjare verander het nie. Dit is nie ‘n maklike taak om ruimte vir speel in ons lewens te maak nie.

Ja, so pynlik as wat dit kan wees om te erken, in baie gevalle is ONS as ouers die antwoord op baie van ons kinders se sukkel! En dit is nie noodwendig ons SKULD nie; ons doen ons bes met wat ons het. ONS is ook onder druk, en ons moet klaarkom met wat ons aan die einde van die dag oor het. Dae is lank, eise is hoog, dus is die energie en hulpbronne wat ons aan die einde van die dag realisties oor het om aan ons kinders te gee, beperk. Die hartseer werklikheid is baie gereeld moet ons die beste doen wat ons kan met wat ons oor het en as gevolg daarvan word kinders van vandag die grondbeginsels van gesonde kinderjare ontneem.

Dink oor die liefdevolle blik van ‘n baba, die onbelemmerde omhelsing van ‘n kleuter, die intimiteit van ‘n gedeelde slaaptydverhaal, die stille hand-aan-hand loop. Die mooi omblikke van konneksie wat ons beloning is vir die harde werk wat ouerskap is. Alte dikwels vind ons hierdie vreudge, hierdie verband, ontwyk ons. Ons bevind ons is in ‘n voortdurende stryd in plaas van saam in vennootskap. Ons kom van die werk af, ons maak ‘n besige dag klaar, die baba huil ontroosbaar, die kleuter gooi vloerstuipe, die 8-jarige baklei met huiswerk en die 12-jarige sukkel in haar kamer.

Ons diepgaande ouerliefde word vervang met wrok, verergering en woede. Ons karring, ons straf, ons SKREE, ONS IS AAN DIE EINDE VAN ONS TOU. Ons wil net so veel weer kontak maak as ons kinders maar ons weet nie hoe nie. Ons is so lief vir hulle dat ons wil ontplof maar die herinnering aan die vreedsame baba met die onvoorwaardelike, liefdevolle blik is vaag…

Ek glo regtig dat Speelse Ouerskap brûe kan bou na daardie verband. Aan die salige, ongekompliseerde liefde wat ‘n verre herinnering word in die daaglikse lewe. Speel is ‘n manier om die kind se wêreld te betree, op die terme van die kind, om begrip te kweek, nabyheid te bevorder, vertroue en konneksie te betree. Speel is ‘n kind se manier van selfsorging. Speel is ‘n kind se manier van ontspan. Speel is ‘n kind se manier van leer. Speel is die manier waarop ‘n kind hul sensoriese stelsel moduleer. Speel is ‘n manier van reguleer. Speel is alles.

Speel los ons stryd oor aantrek in die oggend op, kalmeer senuwees, herstel gesinsharmonie en help ons om kreatiewe oplossings te vind om stekelrige probleme te verlig. As ons uitgeput en oorweldig is, voel ons asof ons eenvoudig nie energie het om te speel nie. Maar ek het gevind dat dit ‘n opwindende, speelse omgang met ons kinders is. Dit is soos om op die rand of ‘n swembad op ‘n warm dag te staan. Jy voel dat jy nie die koue van inspring kan hanteer nie, maar as jy dit doen is dit verbasend lekker.

Ouers kyk hoe speel ek met hul kinders in my terapiekamer en sê vir my,” Ek sal nooit so pret soos jy kan wees nie. Ek kan nie speel soos jy nie.” Kom ek vertel jou ‘n geheim- ek het my man verbied om die artikels wat ek skryf te lees en my praatjies by te woon, want ek weet baie goed dat dit vir hom soos ‘n pot, ketel, swart situasie sou lyk. Ek speel by die werk want dit is wat ek doen en ek vertel ouers om met hul kinders te speel want sê is maklik.

By die huis met my kaalvoet seuntjies is dit MOEILIK. Dit is NIE maklik nie. Dit is iets waaraan ek elke dag moet werk. Meeste dae is dit ‘n bewuste poging. Baie dae misluk ek. Ek is moeg, gestres, dit VOEL asof ek meer belangriker dinge het om te doen.

Maar...

Wat ek jou kan vertel, is wanneer ek dit reg kry, wanneer ek dit regkry om met my seuns te speel, sonder ‘n agenda, wanneer ek dit regkry om heeltemal teenwoordig te wees, ontspan ek. Ek konnekteer met my seuns, ek geniet dit. Ek besef elke keer, hoe belangrik dit is om by kinders aan te sluit waar hulle is, in hul terme, in hul wêreld.

Ek weet dat dit moeilik is om te speel maar dat is regtig ‘n lonende vaardigheid, wat ontwikkel met oefening en toewyding. As ons met ons kinders speel, soms voel ons meer as net verveling met die speletjie, of dat ons te is moeg om enigsins te speel. Sommige ouers word kwaad en reageer op speel met rigiede reëls, harde dissipline en gewelddadige uitbarstings. Sekere ouers is gaaf tot dat die kind begin huil, te veel geraas maak of ‘n gemors maak, wat natuurlik geneig is om te gebeur. Ander ouers voel mededingend, hulle probeer om die spel te laat vaar om ‘n doel te bereik, om hul kind ‘n nuwe vaardigheid te leer, of om ‘n groter Legotoring te bou. Ander voel hulpeloos, bang om te rof te speel ingeval iemand seerkry, of hulle self seerkry. Kinders het ons nodig om ‘n groot poging aan te wend om al hierdie werklike gevoelens te oorkom en die speletijes te speel wat hulle wil speel, soos hulle dit wil speel.

As ons wil hê dat ons kinders tot gelukkige en gesonde individue moet groei, moet ons wakker word and terugkeer na die basiese beginsels. Dit is nog steeds moontlik! Ek weet dit omdat ouers in my praktyk positiewe veranderinge in hul kinders sien binne weke (en in sommige gevalle, dae) nadat hulle speel geïmplementeer het.

Hier is ‘n paar idiees wat jou sal help om speel in jou huishouding te bring:

  • Skeduleer dit in- as speel nie vir jou natuurlik kom nie, maak tyd daarvoor. Skakel in op wat jou kinders graag wil speel en speel saam met hulle. As jou kinders oud genoeg is kan hulle a lys maak van al die speletjies wat almal van hou en skryf ‘n verskillende een op jou kalender elke week om seker te maak jy het tyd om te speel. Binnekort sal hul vreugde om saam met jou te speel ook jou innerlike kind aanmoedig om die partyjie aan te sluit.
  • Begin jou dag met speel- a vinnige speletjie, ‘n dans om die kombuistafel of net rondspring sal seker maak dat jou dag goed begin! Dit is ‘n prettige manier om vroeg in jou dag te konnekteer en maak jou gereed vir ‘n wonderlike dag wat voorlê.
  • Wees dramaties- kinders hou van poppe en dramatiese spel. Ontwikkel ‘n paar karakters wat jou kinders sal laat lag!
  • Wees LAF- hoe lawwer hoe beter! Maak asof jy omval, dwaal rond, raak deurmekaar, praat in brabbeltaal. Volg die lag van jou kinders!
  • Vat ‘n stappie (of huppel) geheue laan af– onthou die speletjies wat JY geniet het as kind en bring dit terug na jou gesin toe. Kinders hou daarvan om stories oor hul ouers se kindertye te hoor- hulle sal nog meer daarvan hou om die speletjies te speel wat jy in jou kinderdae gespeel het.
  • Gebruik speel as ‘n strategie- ‘n strategie vir daardie moeilike tye as ouer. As jou dag NIE verloop soos beplan nie, moet jy ‘n rugsteunplan propvol speelse idees hê. ‘n Spontane kussinggeveg, hardloop om die huis, maak asof jy ‘n standbeeld word- al die speelse idees (al sal dit moeilik wees om aan iets te dink in die hitte van die oomblik) kan die rigting van jou buie regtig verander.
  • Neem waar- nee tyd uit jou dag net om te sien hoe jou kinders speel, al is dit net vir ‘n oomblik of twee. Doen niks anders as om net verbaas te wees oor hoe ongelooflik jou kind is en hoe wonderlik speel is.
  • Maak die vervelige “werk” pret- as jy dit moeilik vind om alles in jou dag in te pas, probeer om dinge te kombineer! Soos speel en take. My kinders is lief daarvoor om my in die tuin te help, in die kombuis te help en met die seepwater te speel. Kry vir jou kinders ‘n emmer seepwater en laat hulle die nie-breekbare skottelgoed was terwyl jy die res van die skottelgoed was. Hang ‘n mini-wasgoedlyn op sodat hulle die nat sokkies kan op hang terwyl jy die wasgoed op hang. Daag hulle uit om die sokkies in paartjies te sit. Speel musiek en stel ‘n uitdaging, soos om ‘n sekere kamer netjies te maak, ‘n bed op te maak, of op te ruim voordat die liedjie klaar is.
  • Sit speel aan die werk- gebruik dit om jou kinders te help om die reels en verwagtinge van jou gesin te verstaan. As jy hulle WEER moet herinner om hul kamers skoon te maak doen dit in ‘n boor-sersant se stem en vra hulle om op aandag te staan en jou bevele te volg! As jou kind weier om aan te trek sê vir hulle in ‘n speelse manier, “Ek kan jou daarmee help! Ek is regtig goed daarin om mense aan te trek,” dan sit jy al die klere verkeerd aan. Onderklere op hul koppe, sokkies op hul hande. Jy sal verbaas wees hoe saamwerkend jou kinders sal wees na ‘n bietjie gelag.
  • Prioritiseer speel- nie net vir jou kinders nie maar ook vir JOUSELF. Wat laat jou siel sing? Maak ‘n lys van die dinge wat jy geniet om te doen en doen dit.

As ons verstaan dat speel ‘n kind se manier van dink, praat en konnekteer is, word die potensiaal daarvan as ‘n ouer se hulpmiddel om gedrag te beheer en hul kind te help groei. Speel kan gebruik word as ‘n taktiek om alles te beheer van aggressie, afhanklikheid, gebrek aan kommunikasie, skeidingsangs, wydewering tussen broers en susters tot roetinegeleenthede, soos om voor te berei vir die bed en speelgrond beserings.

Wat ook al die probleem is probeer om dit uit te SPEEL. Die doel is om te lag, wat spanning verminder, nie ‘n vervelige les oor hoe om op te tree nie. Om goeie maniere te modelleer, vertoon byvoorbeeld verregaande vreeslike maniere!

  • Volg die kinders se leiding. Moenie te vining nee sê nie en moenie te veel raas oor af en toe se breekskade of ‘n bietjie gemors nie.
  • Neem die leiding as hulle ‘n hupstoot nodig het, of jy moet kontak maak, of om ‘n onderwerp wat vermy word, voor te stel.
  • Keer rolle om. Dit bemagtig kinders.
  • Soek ‘n speletjie wat die aandag vestig op iets wat aangespreek moet word, soos volg-die-leier vir ‘n 5-jarige wie se groter broers hom gewoonlik agter laat staan.
  • Speel is nie altyd lekker vir volwassenes nie. Daar is niks fout daarmee om dit te herken nie. Vul jou eie beker wanneer jy kan.

Volgende maand sal ek kyk na ‘n paar praktiese strategieë en speletjies wat jy by die huis kan gebruik.

Onthou: Speel is veronderstel om vreugdevol en pret te wees. Kleuters lag glo gemiddeld 300 keer per dag. Wat sou gebeur as ons almal dit doen?

Kom ons hê MEER pret. Sing simpel liedjies, val om, oordryf, hê kussinggevegte, vertel grappies. SING liewers as karring. Gebruik snaakse stemme om reëls af te dwing. Probeer om so gereeld as moontlik speels te kommunikeer.

Wees opsetlik. Maak nie saak hoe moeilik dit is en hoeveel moeite dit verg. Moet nooit opggee nie. Probeer hard. Druk deur. Konnekteer en konnekteer weer. Laat die kinders kinders wees. Laat hulle toe om die vreugde van speel te ervaar. Laat hulle ontdek wat hulle gelukkig maak. Laat die kinders speel op elke geleentheid wat die veeleisende wêreld dit toelaat.

Afrikaans

KOEKIESBELEID

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.