Dit is ‘n absolute gunstelling in ons huis. ‘n Eksperiment wat al meer as een keer gedoen is.
Jy benodig:
- Melk
- Plat glasbak
- Voedselkleursel
- Katoen oorstokkie
- Skottelgoedseep
Gooi ‘n bietjie melk in die bord en voeg ‘n paar druppels van die kleursel by op verskillende plekke in die melk. Sit ‘n klein bietjie skottelgoedseep by en gebruik die katoenwab om te speel. Die seep reageer met die vet in die melk en die beweging maak dat die kleure warrel en meng. Dit is ‘n wonderlike manier om kleure te leer. Gebruik verskillende bakke om te leer hoe sekere kleure ander kleure skep. Blou en geel in een bak kan groen maak, terwyl rooi en blou pers kan maak.
Jy kan ook die volgende plakkaat(e) afdruk van ons webblad (Engelse plakkaat/ Afrikaanse plakkaat)
Ek druk myne op A3 uit en lamineer dit. Dit is ‘n uitstekende manier om kinders besig te hou op ‘n reis en die laminering beskerm dit.
Om kleure aan my kleinding te leer het ek die volgende video vir hom gewys en omdat hy lief is vir dinosourusse, was dit ‘n wenner:
Video: https://www.youtube.com/watch?v=Zm6tYMyUxtg
Hoop julle geniet dit net so veel soos ons!
Comments are closed.