Apr 10

Goggas vir jou bord!

Skep vir jou kleinding gesonde gogga happies om Tuinmaak maand te vier.

Gee jou verbeelding vrye teuels en kry sommer vir boetie of sussie om saam te help maak.

Die belangrikste bestandeel is die seldery waarop jou gogga se lyfie gebou word. (Wenk: Sny die rugkant van die seldery sodat dit ‘n plat rand vorm – so sal jou gogga nie op sy rug beland wanneer jy hom in die bord neersit nie).

Ons het die volgende bestandele gebruik:

  • Grondboontjiebotter
  • Roomkaas
  • Druiwe
  • Komkommers
  • Aarbeie
  • Dadels
  • Tamaties
  • Wortels

Spog gerus met jou eie skeppings en laat ons weet hoe dit gegaan het.

Afrikaans