Des 02

Vermomde Slaaie

Dit voel soms soos ‘n onmoontlike taak om kinders te kry om slaai te eet… Ek verstaan, slaaiblare van ‘n hamburger word af gekrap en souttert met spinasie in word vir die honde gevoer.

Ek glo die beste manier om kleuters te kry om groente tee et is om dit ‘eenvoudig’ te hou. Omdat teksture en verskillende smake vir hulle vreemd is mag dit dalk ‘n tydjie neem voordat hulle daaraan sal proe. Maar hou aan probeer, eendag gaan hulle jou verbaas!

Vir bietjie ouer kinders probeer gerus hierdie drie slaaie. Dis maklik en vining om voor te berei – die perfekte bykos vir die opkomende vakansie braaivleisvure!

Probeer die jongspan soveel moontlik betrek met die voorbereiding van hierdie slaaie. Kinders is meer geneig om iets nuuts te probeer wanneer hulle betrokke was in die kookproses.

Porsies is gebaseer op twee volwassenes en twee kinders.

Mielie-en-alles-behalwe-die-yskas slaai

Vir die slaai:

  • 4 geel mielies – gekook en pitte van die strok afgesny (gevriesde mielies sal ook werk)
  • ½ ryp avokadopeer in blokkies gesny OF ½ k ertjies (gaar, indien julle dit so verkies)
  • 1 tamatie in blokkies gesny of paar klein Rosa tamaties, gehalveer
  • 100g kaas in blokkies gesny (verkieslik 1 wiel Danish Feta)
  • 100g spek, opgekap en bros gebraai – plaas eenkant om af te koel
  • Vir die ouers: Fyn gekapte rooi ui is heerlik saam die slaai

Sous:

  • 1 eetlepel balsamiese asyn
  • 1 teelepel heuning of suiker
  • 1 eetlepel suurlemoen sap
  • 1 eetlepel olyfolie
  • Sout en peper na smaak

Metode:

  1. Meng al die bestandele vir die slaai versigtig saam in ‘n groot slaai bak en plaas in die yskas.
  2. Net voor etenstyd, meng al die bestandele vir die slaaisous saam in ‘n bekertjie en giet uit oor die slaai.

Perskool en peerslaai

Vir die slaai:

  • 2 koppies Pers kool, fyngekerf
  • 2 middel slag wortels, gewas en gerasper
  • 2 pere / appels, gerasper
  • Bloubessies, rosyntjies of sonneblomsade vir versiering

Sous:

  • 1 koppie Bulgaarse Jogurt (ongegeurde jogurt sal ook werk)
  • 1 eetlepel mayonnaise
  • Sout na smaak

Metode:

  1. Meng al die bestandele vir die slaai saam in ‘n bak.
  2. In ‘n aparte bakkie, meng al die bestandele vir die slaaisous saam.
  3. Roer die slaaisous deur die slaai.
  4. Versier met bloubessies, rosyntjies of sonneblomsade (dit lok gewoonlik kinder suit om die slaai te probeer)
  5. Laat die slaai staan vir omtrent een uur.

Nota: Hierdie slaai moet binne 2 dae geëet word.

Aarbei en Komkommer slaai

Die is baie eenvoudig, tegnies poeding en kinders vra gewoonlik vir nog.

Bestandele:

  • 10 groot aarbeie
  • ½ komkommer
  • 1 eetlepel water
  • 1 teelepel suiker
  • Suurlemoensap
  • Sout

Metode:

  1. Sny die aarbeie en komkommer in kleiner blokkies op en gooi dit in ‘n slaaibak (Probeer om die blokkies ewe groot te sny, indien moontlik).
  2. Voeg die water, suiker, ‘n paar druppels suurlemoensap en sout na smaak by en meng goed.
  3. Bedien yskoud.
Afrikaans

KOEKIESBELEID

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.