Des 06

Tyd vir presente!

Kerstyd is sinoniem met presente, of ons dit nou wil erken of nie. Die 24ste Desember kan dalk vir kinders na die langste dag van die jaar voel tot iemand uiteindelik aankondig dat dit tyd is om geskenke oop te maak.  

So wat koop mens vir jou kleinding? Iets om in gedate te hou:

Iets wat hulle graag WIL HÊ

Dit hoef nie noodwendig die duurste item in die winkel te wees nie, maar dit kan iets wees waarvoor jou kleinding al heel jaar voor vra en wat jy weet sommer oombliklik jou kind se gesig sal ophelder wanneer hy die geskenkpapier afhaal.

Iets om te LEES

Die ideal sal wees dat die boek gaan oor onderwerpe waarin jou kind belangstel. ‘n Leesboek is die perfekte gesken as julle graag saam lees. Verander lees in ‘n speletjie in vir kinders wat nie lief is vir lees nie. Steek ‘n paar leidrade in die boek weg wat hulle lei na ‘n versteekte geskenk. “Children who read, grow up to be adults who think.”

Iets wat hulle BENODIG

Ek is (ongelukkig) baie lief daarvoor om praktiese geskenke te gee. Kyk, ek doen moeite om nie seep of kouse te gee nie maar wie waardeer nie klere, ‘n mooi koslik of beddegoed vir Kersfees nie?! Skryfbehoeftes in ‘n mooi penne akkie of nuwe sportsak, is twee vlieë met een klap!

Iets om te DRA

Kersfeesklere of nuwe pajamas dra by tot die wonder van die Feesseisoen. Loer in jou kinders se kas wat hulle benodig en koop dit solank. Kersfees het daai “magic” om enige present spesiaal te maak.

Iets om te EET

In ons huis is gekleure ontbytpap glad nie die norm nie – daaarom weet ek my kinders gaan ongelooflik opgewonde wees oor blou pap met klein malvalekkers in Kersoggend.  Dalk verkies jou kind ‘n ander bederfie, maar gun hulle die geleentheid – dit is immers Kersfees.

Gee ‘n ONDERVINDING

‘n Uitstappie of die nuutste fliek is baie meer werd as nog ‘n speeding op die rak.  Ons vergeet soms dat die kosbaarste geskenke in die vorm van herinneringe kom. Wanneer familielede vra wat hulle vir my kinders kan gee vir Kersfees sê ek vir hulle ‘n tyd geskenkbewys. Laat ouma, oupa, oom of tannie die geleentheid toe om kwalitieit tyd saam met jou kleinding te spandeer later in die jaar (dan kan mamma en pappa ook ‘n blaaskans kry).

Die feesseisoen moet nie vir jou ‘n las wees nie – kies iets wat jou sak pas. Gaan met ‘n lysie winkels toe om te voorkom dat mens nie onnodige goed koop nie. My pa sê altyd “dis net ‘n goeie koopie as mens dit regtig nodig het”. Geniet die kwaliteit tyd saam jou kinders, dit is waaroor die tyd van die jaar REGTIG gaan.

Desember is die perfekte tyd om nuwe tradisies te begin en nuwe tradisies hoef nie ‘n sent te kos nie! Dink aan goed soos wanneer julle die boom opslaan, wanneer julle geskenke oop maak, spesiale disse wat julle hierdie tyd van die jaar eet. Hoe verloop Kersoggend? Luister julle kersmusiek in die motor teryl julle na die liggies in die buurt gaan kyk?

Na die Dankbaar Desember stokkies speletjies, sal die kinders ook gou agter kom hoe baie hulle reeds het.

Geniet die Feesseisoen!  

Afrikaans

KOEKIESBELEID

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.