Des 06

Desember Dankbaarheid

Met Kersfees om die draai raak mens maklik vasgevang in geskenke vir jouself, jou kinders en geliefdes. Mens moet tyd maak vir inkopies, Kerspartytjies en natuurlik die opkomende vakansie. Hoe meer ek reg maak vir die feesseisoen, hoe meer besef ek hoe baie ek het om voor dankbaar te wees! Met alles wat aan gaan is dit so maklik om te vergeet dat:

  • Ek pragtige kinders het om te bederf
  • Ek familie en vriende het wat vir my omgee
  • Ek ‘n huis het wat ek kan versier, skoonmaak en oprui
  • Ek lekker kos kan kook vir my gesin
  • Ek het ‘n werk en ek kan verlof vat
  • Ek op ‘n vakansie kan gaan

Dit is so maklik om te vergeet dat mens baie meer geseēnd is as wat mens besef, so kom ons maak ‘n speletjie daarvan!

Dankbaar Desember stokkies

Jy benodig:

  • Pick-up sticks (meeste winkels hou dit aan of julle kan sosatie stokkies in verskillende kleure verf)
  • ‘n Papier met gekleurde kolle op (maak seker julle het al die kleure van die stokkies op die paier)

Doen dit so:

  1. Elke kleur verteenwoordig iets waarvoor julle dankbaar moet wees. Byvoorbeeld: Blou is vir die goeie gebeurtenisse in die afgelope jaar, geel is vir iets in die huis waarvoor ek dankbaar is en rooi verteenwoordig iemand vir wie ek dankbaar is.
  2. As al die kleure ‘n titel gekry het kan die speletjie begin!
  3. Gooi die stokkies soos gewoonlik en al die gewone rëels van ‘Pick up sticks’ geld.
  4. Met die suksesvolle optel van ‘n stokkie moet die opdrag uitgevoer word – as jou kleinding ‘n blou stokkie opstel moet hy iets opnoem wat in die afgelope jaar gebeur het waarvoor hy dankbaar is.
  5. Speel saam en luister aandagtig vir jou kinders – daar mag dalk net ‘n paar goedjies opduik wat die mamma hart sommer warm laat klop!
Afrikaans

KOEKIESBELEID

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.