Aug 12

Spinasie en mieliekoekies

Die oggende is steeds lekker koud en graanvlokkies nog nie heeltemal so aanloklik nie.

Vir ‘n vinnige ontbyt alternatief, probeer die maklike resep gerus – die kombinasie werk wonderlik. Die mielies is iets bekend en dus sal meeste kinders dit vinnig verorber. Die spinasie is ryk aan yster en gee bietjie kleur… twee vlieë met een baksel!

Jy kan ook ‘n ½  koppie gerasperde kaas byvoeg  – dit stoot die kalsium en protein inhoud op.

Bestanddele

  • 1 koppie bruismeel (self-raising)
  • 1 blikkie geroomde mielies (sweetcorn)
  • Handvol gekerfde spinasie blare (kan liggies stoom in mikrogolf of braai in pan)
  • 1 eier
  • Sout en pepper na smaak

Metode

  • Meng al die bestanddele saam, moenie oor meng nie.
  • Skep ¼ van die mengsel vir elke koekie in ‘n warm pan met ‘n bietjie olie.
  • Braai aan albei kante tot goudbruin en gaar.
  • Bedien dit saam met ‘n eier of opgesnyde vrugte.

Dit werk net so lekker vir middag etes en kan gebêre word in die yskas vir tot en met twee dae.

Afrikaans

KOEKIESBELEID

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.