Beskrywing
A+ Graad 1 is ‘n Afrikaanse app, wat honderde pretbelaaide oefeninge in 6 sleutel afdelings bevat vir die ontwikkeling van vaardighede. Hierdie beproefde vaardighede is noodsaaklik om u kind toe te rus met die nodige kennis ter voorbereiding vir die primêre opvoedingsfase. Die vaardighede wat ontwikkel word sluit in; optelling, aftrekking, lees, spelling, logiese beredenering, geheue, konsentrasie, kreatiwiteit en basiese rekenaarvaardighede.
In alle aktiwiteite word die leerder in ‘n pretbelaaide atmosfeer vasgevang. Die speletjies is so ontwerp dat kinders dit maklik kan verstaan sonder ouer toesig of bystand met die gevolg dat die kind nie alleenlik sy/haar intellektuele vaardighede ontwikkel maar ook sy/haar selfvertroue ontwikkel.