Begin jul Paasnaweek met hierdie skattige Paashasie vir ontbyt.
Jy sal die volgende nodig hê:
- Plaatkoekies (‘n grote vir die haas se gesig en dan twee kleiner sirkels vir die wange)
- ‘n Aarbei (vir die haas se neus)
- Piesangs (in die lengte deurgesny vir die ore sowel as ‘n ronde snytjie in die helfte deurgesny vir die haas se tande)
- Roomkaas (vir die wit van die haas se oë)
- Dadels of bloubessies (vir die pupille van die oë)
- Kaas (vir die haas se snorbaarde)
Smul heerlik saam as gesin om die begin van die lekker langnaweek te vier!
Comments are closed.