Apr 18

Resep: Paashasie-ontbyt

Begin jul Paasnaweek met hierdie skattige Paashasie vir ontbyt.

Jy sal die volgende nodig hê:

  • Plaatkoekies (‘n grote vir die haas se gesig en dan twee kleiner sirkels vir die wange)
  • ‘n Aarbei (vir die haas se neus)
  • Piesangs (in die lengte deurgesny vir die ore sowel as ‘n ronde snytjie in die helfte deurgesny vir die haas se tande)
  • Roomkaas (vir die wit van die haas se oë)
  • Dadels of bloubessies (vir die pupille van die oë)
  • Kaas (vir die haas se snorbaarde)

Smul heerlik saam as gesin om die begin van die lekker langnaweek te vier!

English