Dis sitrus seisoen en nou is die perfekte geleentheid om ‘n bietjie ekstra vrugte (en Vitamin C) by ontbyt in te smokkel.
Jy sal die volgende nodig hê:
- Plaatkoekie (vir die leeu se gesig)
- ‘n Aarbei (vir die leeu se neus)
- Naartjies (vir die leeu se maanhare)
- Dadels of bloubessies (vir die oë)
- Sjokoladesous (vir die skep van die leeu se snorbaarde en mond)
Wenk: ons het ons sjokoladesous in ‘n spuit gesit en so die gesiggie geteken.
Kry die kleingoed om saam aan hul leeu te bou en smul saam.
Comments are closed.