Apr 25

Naartjie-maanhaar leeu ontbyt

Dis sitrus seisoen en nou is die perfekte geleentheid om ‘n bietjie ekstra vrugte (en Vitamin C) by ontbyt in te smokkel.

Jy sal die volgende nodig hê:

  • Plaatkoekie (vir die leeu se gesig)
  • ‘n Aarbei (vir die leeu se neus)
  • Naartjies (vir die leeu se maanhare)
  • Dadels of bloubessies (vir die oë)
  • Sjokoladesous (vir die skep van die leeu se snorbaarde en mond)

Wenk: ons het ons sjokoladesous in ‘n spuit gesit en so die gesiggie geteken.

Kry die kleingoed om saam aan hul leeu te bou en smul saam.

English