Jun 08

Lewendige, kleurvolle sand

Maak jou eie lewendige, kleurvolle sand in 4 maklike stappe!

Jy benodig:

  • 1 Koppie fyn sand (uit die sandput)
  • ½ teelepel mielieblom (Maizina)
  • 1 teelepel skottelgoedseep
  • Voedselkleursel
  • ‘n Mengbak, groot lepel en ‘n bakplaat of skinkbord met kante

Metode:

  1. Meng die sand en mielieblom in ‘n groot mengbak met die lepel.
  2. Voeg die skottelgoedseep by en meng goed.
  3. Daarna kan julle ‘n paar druppels voedselkleursel deur meng. Die hoeveelheid hang af van hoe helder julle die sand wil hê.
  4. Skep die mengsel uit in die bakplaat/skinkbord en laat dit droog word vir so uur of twee.
  5. En siedaar reg vir speel! Gooi plastiek speelgoed, eetgerei en koekiedrukkers in die sand om verskillende vorms en patrone te maak.
Afrikaans

KOEKIESBELEID

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.