Dissipline kom in baie vorme voor deesdae.
Lystraf is nou teen die wet, maar sommige ouers sien nie die skade in ‘n ligte pakslae of raps op die hand nie. Party ouers beloon goeie gedrag met plakkers of trek sakgeld af vir slegte gedrag. Ander ouers sien ‘n verandering in gedrag na ‘n paar minute van stiltetyd in die hoek en ander glo weer ‘kinders is kinders en ons moet hulle laat wees’.
Too often we forget that discipline really means to teach, not to punish. A disciple is a student, not a recipient of behavioural consequences.
– Dr Dan Siegel (The Whole-Brain Child).
Die manier waarin ouers gedissiplineer was as kind het ‘n invloed op die manier hoe hulle hul kinders gaan dissiplineer. Deesdae daag kenners ouers uit om hierdie denkwyse te verander en die patroon te breek. Hulle reken dis ‘n moet – ons het so groot geword ja, en ons is ‘normaal’ (soms), maar ons kinders word groot gemaak in ‘n ander tyd, vir ‘n ander wêreld.
Geweld lei na geweld… Hoe moet kinders leer om nie maatjies te slaan nie, maar wanneer Mamma of Pappa raadop is draai hulle dan na geweld?
Thinking of your child as misbehaving, disposes you to think of punishment. Thinking of your child as struggling to handle something difficult, encourages you to help them through their distress.
-Helping Kids Rise
Stoute-hoekie of “time-out” kan weer die oorsaak wees dat kinders wegdraai van hulle ouers af in moeilike situasies of as tieners hulle vriende verkies om probleme mee te bespreek eerder as hul ouers. In oorweldigende tye as kleuters, het hul ouers gekies om hulle te isoleer eerder as om hulle te vertroos. Kinders word ook niks wyser oor hulle eie emosies nie, maar dink dalk hulle moet die emosie eerder onderdruk anders gaan hulle alleen sit. Meer sensitiewe kinders kan dit selfs ondervind as ‘n vernedering.
Paar positiewe riglyne
- Hou op skree, probeer eerder hulle aandag aflei.
- Vermy kragmetings. Verwyder jouself eerder van die situasie en gaan blaas stoom af in die kamer of tel van 20 agteruit.
- Wys goeie gedrag uit en maak ‘n ophef daarvan. Dit kan kinders aanmoedig na meer positiewe aandag te streef.
- Stel grense. Kinders soek na riglyne – party kenners glo dit laat kinders veilig voel.
- Aanvaar sommige gedrag is ouderdoms verwant en sal met tyd verbeter.
- Kies watter geveg is die oorlog werd en kies om die res te laat gaan. Probeer sover as moontlik ook die situasies vermy. Soms is die antwoord net ‘n peuselhappie of middagslapie weg.
- Hou die band met jou kind sterk deur genoeg kwaliteit tyd saam met jou kind te spandeer. Dit verseker dat hulle die vrymoedigheid het om oop te maak oor hulle emosies, frustrasies en vrese.
- Verduidelik ook aan hulle die verloop van situasies en dat die keuse altyd by hulle lê. Byvoorbeeld: as hulle kies om nie ‘n warm baadjie aan te trek nie, gaan hulle koud kry. En los hulle om dit soms vir hulself dan te kan ervaar (‘n ligte briesie sal niemand siek maak nie 😊). So kan hulle besef dat keuses nagevolge het.
- Hou in gedagte, ons kan nie verwag ons kinders moet beter optree deur hulle slegter te laat voel oor hulself nie. Lê klem daarop dat die gedrag en optrede sleg of eerder ongewens is en nie die kind self nie.
- ‘n Sagter aanslag beteken nie dat kinders nie reëls hoef te volg nie, of dat die ouers nie in beheer is nie. Probeer empatie wys terwyl jy by die reëls bly. Kinders gaan huil en opstandig wees, so dis ons werk om hulle te help om die frustrasie te oorkom maar terselfde tyd te laat weet dat jy nie die reëls gaan buig as gevolg van trane of tantrums nie.
- Probeer die situasie met jou ouer kind bespreek (wanneer almal kalm is) en maak jou kind deel van die probleem oplossing.
Kinders se persoonlikhede, geaarthede, geskiedenis, omstadighede en ouers verskil – so kinders gaan anders optree in verskillende situasies en anders reageer teenoor verskillende vorme van dissipline. Kyk wat gaan die beste werk vir julle gesin.
Ek los julle met ‘n laaste na gedagte:
If your child’s value is based on their ability to be obedient, they are not safe.
– Ralphie Simply on purpose
Deur Zanje Kromhout
Comments are closed.