Nov 14

Diabetes as kinderverhaal

Van ons ken die siektetoestand goed, ons lewe daarmee saam – ‘n oupa, ‘n ouer of selfs ‘n maatjie van skool wat ons aan die siekte blootstel. Die res van ons weet amper niks van Diabetes nie.

14 November is Wêreld Diabetes Melitus (DM) dag en dit is belangrik om kinders al van kleintyd af te leer oor hierdie siekte. Die doel is nie om hulle bang te maak vir lekkernye nie, maar om eerder empatie te kweek sodat hulle nie dalk ‘n maatjie spot met Diabetes nie. Dit is ‘n vreesaanjaende onderwerp met baie vra – hoekom drink sommige diabete pille waar ander insulien moet inspuit?  So kom ons hou dit eenvoudig.

Hoe verduidelik ek Diabetes aan my kind?

Begin met ‘n bietjie agtergrond:

  1. Ons het bloed in ons lyfies (Mamma kan dalk verwys na ‘n keer wat ‘n eina gebloei het).
  2. Wanneer ons kos eet word dit afgebreek in kleiner dele in ons lyfies en een van hierdie produkte is suiker.
  3. Insulien help om ons bloed skoon te hou en die suiker “op te vee”.
  4. Demonstreer dit – kry ‘n slot en sleutel en wys vir hulle dat die sleutel daardie spesifieke slot oopsluit – die sleutel is insulien en die slot is die suiker in ons bloed.

Tipe 1 Diabetes

Met die Tipe Diabetes pas die sleutel nie meer in die slot nie, so ons kan nie die slot oopsluit en die bloed skoonmaak nie.

Hierdie mense het ‘nuwe’ sleutels nodig. Insulien-inspuitings werk dan as hulle nuwe sleutels deur hulle bloed skoon te hou en die suiker na die regte plekke toe te stuur.

Tipe 1 diabete moet kyk wat hulle eet om hul lyfies en slotte/sleutels te help.

Tipe 2 Diabetes

Mense met Tipe 2 Diabetes het nog sleutels maar die sleutel pas nie meer so lekker nie. Hulle sleutels moet bietjie geskuur en geskaaf word sodat hy weer maklik in die slot kan pas. Die mense gebruik insulien in die vorm van pille. Tipe 2 DM is meestal as gevolg van ons leefstyl.

As ouer moet ons ons kinders leer van beter leefstyl keuses. Dit is in ons beheer – ons koop self die bestandele waarmee ons kook en ons besluit hoe groot porsies is. Dit kan uiters moeilik wees, veral as daar ‘n kieskeurige eter in die omtrek is, maar dit kan makliker wees wanneer dit ‘n spanpoging is!

Die tyd van die jaar is daar heerlike vrugte in seisoen. Dis warm en slaaie is ‘n maklike oplossing. Ek weet kinders verpes slaaiblare en dit voel soos ‘n onmoontlike taak. Kyk uit vir paar resepte wat jou kleinding gaan flous om slaai te eet (Vermomde slaaie). Wees saam aktief as ‘n gesin. Speel buite, hol, jaag mekaar en swem soveel as wat julle kan. Bring water terug en hou verdunde sap vir spesiale geleenthede. Onthou dat DM nie ‘n doodstraf is nie. Brood, stysel en vrugte mag steeds geëet word met DM maar die tipe stysels, hoeveelhede en tye wat dit geëet mag word is baie belagrik. Suiker (in al sy verskillende vorms) moet ongelukkig uitgesny word. Raadpleeg asseblief jou dokter of naaste dieetkundige vir meer inligting hieroor omdat DM nie ‘n “one size fits all” toestand is nie en daar baie mites rondom hierdie onderwerp is.

Die Internationale Diabetes federasie (IDF) se tema vir die laaste twee jaar gaan oor die familie-eenheid en dat ons ons families moet beskerm. Eenvoudige aksies of veranderinge kan die risiko van diabetes verminder en hulle reken dat 50% van Tipe2 DM voorkombaar is. Gaan loer gerus op hulle webblad!

ADSA (Assosiasie vir Dieetkundiges van Suid Afrika) noem ook dat ouers sukkel om tekens of simptome van DM by hul eie kinders uit te ken. Meeste van die families wat deel was van ‘n studie deur IDF het ‘n familie lid met DM, maar 80% van ouers sou steeds sukkel om dit te identifiseer en 1 uit elke 3 ouers het glad nie die tekens eers raak gesien nie.

Kom ons streef na ‘n gesonder en meer aktiewe November die jaar, terwille van ons gesinne!

Afrikaans

KOEKIESBELEID

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.