Feb 04

Versierings vol liefde vir Valentynsdag

Daar is niks soos ‘n paar kleurvolle harte om enige huis, kantoor of klaskamer op te helder nie! Hierdie aktiwiteit is vir die jongspan wat reeds kan sny en plak.

Jy benodig:

  • Papierbord
  • Skêr
  • Gom
  • Gekleurde karton (of papier)
  • Lint
  • Opsioneel: blinkers, verf, of plakkers

Metode:

  • Sny die middelste gedeelte van die papierbord uit (mamma gaan moet help) en plaas eenkant.
  • Sny hartjies in verskillende groottes uit die gekleurde karton. Hoe harte, hoe mooier!
  • Gebruik gom om die hartjies reg rondom die papierbord te plak soos in die foto.
  • Sit ‘n lintjie op die sirkel sodat hy opgehang kan word.
  • Versier die hartjies met blinkers, verf of plakkers.

Hang die versiering teen die deur en geniet die liefdevolle dag saam met jou kinders, kollegas en medemens! ♥️

Oorspronkilike idee: Resourceful Mama

Afrikaans

KOEKIESBELEID

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.