Purple Mash se Minimash afdeling is ‘n opvoedkundige, interakiewe en opwindende leer- en speelskool vir kleuters tydens hierdie lang, uitgerekte “vakansie”.
Om te verseker dat ons jonger leerders op hoogte bly met lees en skryf is daar ‘n inskrywing wat spesifiek daarop fokus. Dit help om letterherkenning en -assosiasie te bemeester.
Heel eerste is ‘n alfabet skyfievertoning – dit bevat die letters en ‘n paar assosiasies. Byvoorbeeld: die letter “b” het ‘n bal en bottel by. Dit kan interaktief by die huis gedoen word sonder dat jou kind eers agterkom dit is “skool”. Hulle hoef nie net die Minimash voorwerpe te gebruik nie, maar jy kan ook jou kind(ers) vra om iets uit te wys of te gaan haal wat met die bepaalde letter begin.
Daarna word alfabet verfprojekte aangepak. Hiermee kan die kinders die buitelyne van die alfabetletters inkleur en dan later self die letters teken en inkleur. Gebruik sommer ‘n klomp verskillende kleure om die leerders se aandag te behou. Op die Minimash alfabet verfprojekteblad word die buitelyne eers met die muis na ‘n voorbeeld ingekleur en daarna kan hulle dit self oefen.
Dan word 4 en 6 stuk legkaarte gebruik om op ‘n skeppende manier die letters met voorwerpe te assosieer, asook die letters se vorm te bou. Dit is baie eenvoudig om so ‘n legkaart te teken en die bladsy uit te knip. ‘n Ander oulike manier om soortgelyke letterlegkaarte tuis te maak is om ‘n ou legkaart te gebruik. Draai die legkaart om en teken letter en voorwerpe wat met die letter begin agter op – die leerders dit dan self bou.
Na al hierdie aktiwiteite kan kleuters met 4 of 8 kaart alfabet paartjies speel en leer. Dit is baie maklik om tuis te maak. Teken 2 of 4 van dieselfde prentjies, wat met dieselfde letter begin, op papier en knip dit uit. Julle kan byvoordbeeld 2 apies of 2 appels vir die letter ‘a’ gebruik. Pak dit onderdstebo en laat die leerder twee op ‘n slag omdraai en weer terugsit totdat hy of sy die kaarte bymekaar kan sit. Dit is ook ‘n wonderlike speletjie om hulle geheue te oefen!
Purple Mash se Minimash bied nog verskeie stelle gereedskap aan om kleuterskoolleerders se verbeelding en leervaardighede te prikkel met behulp van nommers, speletjies en stories!
Comments are closed.