Benodighede:
- Ballon
- Tou of wol (ten minste 2 meter lank)
- ‘n Strooitjie
- Kleeflint
- Skêr
- 2 Stoele
Instruksies:
- Nadat julle al die benodighede bymekaar gemaak het, bind die een kant van die tou aan die agterkant van ‘n stoel vas.
- Ryg die strooitjie deur die los kant van die tou en maak die tou dan aan die tweede stoel se rugleuning vas.
- Blaas die ballon op totdat dit lekker groot is en plak dit dan met die kleeflint op die strooitjie vas. Moenie die ballon knoop nie.
- Gaan staan by een stoel en los die ballon dat dit afblaas. Die ballon sal vinnig na die ander stoel toe beweeg
- Wat leer ons? Vir ‘n voorwerp om in een rigting te kan beweeg, moet ‘n krag in die teenoorgestelde rigting werk oftewel Newton se derde bewegingswet: “Elke aksie het ‘n gelyke en teenoorgestelde reaksie”.
Comments are closed.