Jul 06

Tuisonderrig

Kinders is stadig maar seker besig om terug te keer skool toe en daar is baie onsekerheid met hoe die res van 2020 se skooljaar gaan verloop. – Een ding is seker – tuisonderrig gaan op een of ander manier deelvorm van ons allerdaagse lewens.

Vir party ouers kom dit maklik, vir ander is dit meer uitdagend en uitputtend. Party kinders werk saam en vir ander is dit moeilik – persoonlikheid, ouderdom en belangstellings speel ‘n groot rol. Die nuwe manier van “skool gaan” kan selfs nadelig wees vir die ouer-kind verhouding.

‘n Paar wenke om die leer speel-speel af te handel:

  1. Ontspan – kinders voel druk aan en reageer daarop. Ouers kort nie meer stres met alles wat reeds aan gaan nie. Doen wat julle kan, doen dit wat hulle geniet en vergeet van al die vooropgestelde idees van wat jy verwag het tuisondderrig gaan wees. Die belangrikste is om die omgewing lig te hou, sodat hulle lief word vir leer en nie skool en werkkaarte begin assosieer met “mamma of pappa wat ongeduldig raak of selfs op my skreeu nie.”
  2. Gebruik elke geleentheid! As jy sien niemand is vandag lus vir nommer kaarte nie – verander dit in ‘n speletjie in of bied dit in ‘n kreatiewe manier aan dat hulle nie eers agter kom daar word eintlik geleer nie. Loop in die tuin, tel verskillende items op wat julle sien, wys kleure uit en hou ‘n nommer skattejag. Byvoorbeeld “bring vir mamma 5 rooi blare en pak dit dan in ‘n nommer 5 uit”. Leer hulle van die natuur tussen deur – wys vir hulle die verskillende wolke uit wat julle sien of leer hulle van bye hoe heuning gemaak word. Vertel hulle stories van die wildtuin of natuur uitstappies en plaas kuiers van jou kinderdae, dit doen wonders vir die band tussen ouer en kind.
  3. Leer hulle van die lewe. Ons moet nogsteeds daaglike taakies in en om die huis doen in die tyd, en dit is wat meestal agter in ons kop vassteek terwyl ons skoolwerk probeer afhandel. Maak die kinders deel daarvan – gee ‘n emmer, mop en ‘n bietjie water terwyl jy gou die skottelgoed weg pak. Trek ‘n stoel nader en laat hulle help met skottelgoed. Die is soms makliker gesê as gedaan – soms eindig dit op om te voel soos meer werk en selfs ‘n groter gemors, maar mens is ook soms verbaas deur wat hulle kan vermag as mens hulle ordentlik wys en dan geduldig ‘n kans gee. Weereens, hou op jaag en probeer die druk afhaal tydens die taakies. Betrek hulle ook by kosmaak – laat hulle die groente was of skil. Ouer kinders kan help sny en meng, weet net die groente gaan anders lyk as wat jy wil hê maar weet ook dat hulle leer. Laat hulle help kies wat julle gaan kook en noem sommer ‘n paar feite van vitamienes, minerale en gesondheid.
  4. Kies die regte tye. Party dae gaan skedules werk – party huise en kinders floreer daarop. Ander dae gaan dit trane veroorsaak, lees die gegewe dag se situasie, as vroeg oggend goed lyk, terwyl van die boeties of sussies dalk nog slaap – trek jou koffie nader en gebruik die goue oomblik. Probeer kwaliteit tyd maak tussen individuele kinders ook. As iemand tuis is om te help, deel hulle op en probeer so ook die liefde tenkies volmaak, dit mag lei na baie beter konsentrasie en samewerking.
  5. As die noodlot druk gebruik tegnologie slim (en laat vaar die skuldgevoelens). Kies opvoedkundige programme en toestelle, speel saam met hulle of gebruik die tyd om nodige werk af te handel.
  6. Lees! Lees en nogmaals lees! Dit verryk hulle woordeskat en gee hulle verbeelding kan wild gaan. Gesels oor die storie, vra vrae en werk geheue speletjies in. Gebruik ook die kans om bietjie jou eie batterye te herlaai… wie weet dalk raak iemand vroeg aan die slaap 😊.
English

Cookies Policy

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.