Bestandele
- Groot pastaskulpe/ pypies of lasagne velle
- Tamatiesmoor of pastasous van jou keuse
- Spinasie, fyn gesny en gewas
- 1 Houertjie laevet maaskaas
- ‘n Handvol gerasperde kaas
- Sout, peper en gedroogde kruie, na smaak
Metode
- Voorverhit die oond teen 200°C
- Kook die pasta in sout water vir ongeveer 10 minute. Die pasta moet nog ferm wees, voor dit al dente Spoel die pasta onmiddelik af en laat dit afkoel.
- Blansjeer die spinasie (of stoom dit in die mikrogolfoond tot gaar).
- Mend die maaskaas, spinasie, gedroogte kruie, sout en peper saam in ‘n groot mengbak.
- Gooi helfte van die smoor/ pastasous in ‘n oondvaste bak. Die bodem moet goed bedek wees. Die grootte van die bak hang natuurlik af van die hoeveelheid pasta wat julle gaan gebruik.
- Skep die spinasiemengsel versigtig in die pasta in en plaas dit bo-op die smoor in die oondvaste bak. Indien julle lasagne velle gebruik kan julle dit vou of rol soos ‘n pannekoek.
- Wanneer die bak vol pasta is gooi die res van die smoor/ pastasous tussen die skulpe en bedek met gerasperde kaas.
- Maak die bak toe en bak in die oond vir 20 minute.
- Haal die deksel af en sit dit terug in die oond vir ongeveer 10 minute (of totdat die kaas goudbruin is).
- Bedien saam met ‘n vars slaai, komkommer of julle gunsteling groente.
- Julle kan die pasta ook vul met maalvleis, indien julle ‘n huis vol karnivore is.
Kinders kan kreatief raak terwyl die gereg in die oond is. Maak klein vlaggies van karton en versier. Plak die vlaggies op ‘n tandestokkie vas en druk dit op die pasta bootjies nadat daar opgeskep is. ⛵️⛵️⛵️
Comments are closed.