Dec 14

Bou ‘n Sonnige Somer Kersfees in ‘n bottel!

Die gevulde houers bring ‘n tikkie vonkel en opwinding. Die houer kan kinders van enige ouderdom besig hou – julle kan ‘n spesifieke tema kies, soos strand, wildtuin, kersfees of reënboog byvoorbeeld.

Dit kan ook gebruik word om oorgestimuleerde of angstige kindertjies tydens die besige feestyd te help kalmeer. Laat hulle êrens stil sit en gee die houer ‘n goeie skud. Sit dit dan neer sodat hulle rustig op die beweging van die blinkertjies fokus.

“When all the fun is happening, don’t forget to see what I see. Everything is bigger, brighter and louder to me, because I’m smaller. If I’m not joyful, I am overwhelmed. If you are stressed, imagine how I am feeling.” Kirsty Lee

Benodighede:

  • ‘n Glas houer (byvoorbeeld ‘n Consol houer, leë koffiebottel of konfytbottel)
  • Ornamente (byvoorbeeld skulpe, plastiekdiere, Kersversierings of speelgoed)
  • 2-3 eetlepels blinkertjies/ “glitter” (enige kleure)
    NB: Die water tot gom verhouding moet 80/20 wees.
  • Houtlym
  • Warm water
  • Gomgeweer / “glue gun” (wees asseblief versigtig!)

Metode:

  1. Kies jou gunsteling item en gebruik die gomgeweer en plak hom aan die binnekant van die houer se deksel vas. (Volwassenes moet asseblief die taak doen). Plaas deksel eenkant om droog te word.
  2. Vat die glasbottel en gooi die gom en blinkertjies binne-in. Daar kan ekstra bygevoeg afhangende hoe julle dit verkies. As dit lyk of jou gom klonte maak, plaas die glashouer versigtig in die mikrogolfoond vir 30 sekondes en roer tussen in.
  3. Daar kan ook nou krale, groter blinkers of sterretjies op die stadium bygevoeg word.
  4. Gooi nou die warm water by, totdat die bottel vol is, en roer versigtig.
  5. Wend gom aan die binnekant van die bottel se deksel en draai versigtig toe.
  6. Plaas in die yskas tot afgekoel.

Voila!

English