Aug 25

Maklike groente- of kruietuin

As jy al ooit ‘n groente- of kruietuin wou gehad het, is hierdie ‘n maklike manier om te begin!

Benodighede:

  • Eierkarton
  • Skêr
  • Swart pen
  • Skoon roomysstokkies
  • Potgrond
  • Verskillende saadpakkies
  • Lepel
  • Bord
  • Water

Hoe maak mens?

  1. Sny die bokant van die eierkarton af sodat net die onderkant oorbly.
  2. Knip die rante sodat hulle ewe en glad is.
  3. Skryf die naam van elke plant op die roomysstokkie of aan die een kant van elke eierhouer en vul elkeen met ‘n bietjie grond.
  4. Plaas ‘n paar sade van een soort plant in die toepaslik gemerkte pot.
  5. Plaas die potversameling op ‘n groot bord en sit die bord naby ‘n sonnige venster.
  6. Gee die plante water volgens elke plant se instruksies.
  7. Wanneer die plante te groot word vir die potjies, verplant dit na ‘n groter pot of in die tuin.

WENK: Dit is nie nodig om die plante van die eierkoppies te verwyder wanneer hulle in die tuin geplant word nie; hulle sal in die grond ontbind!

English

Cookies Policy

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.