Die oggende is steeds lekker koud en graanvlokkies nie so heeltemal aanloklik nie.
Vir ‘n vinnige ontbyt alternatief, probeer gerus die maklike resep – hierdie kombinasie werk wonderlik. Die mielies is iets bekend en dus sal meeste kinders dit gou-gou verorber. Die spinasie is ryk aan yster en gee bietjie kleur… so twee vlieë met een baksel!
Jy kan ook ‘n ½ koppie gerasperde kaas byvoeg – dit stoot die kalsium en proteïen inhoud op.
Bestanddele
- 1 koppie bruismeel (self-raising)
- 1 blikkie geroomde mielies
- Handvol gekerfde spinasie blare (kan liggies gestoom word in die mikrogolf of braai liggies in die pan)
- 1 eier
- Sout en pepper na smaak
- Olie vir braai
Metode
- Meng alle bestandele liggies saam.
- Skep ¼ van die mengsel vir elke koekie in ‘n warm pan met ‘n bietjie olie.
- Braai aan albei kante tot goudbruin en gaar.
- Bedien dit saam met ‘n eier of opgesnyde vrugte.
Hierdie dis werk net so lekker vir middagetes en kan gebêre word in die yskas vir tot en met twee dae.
Comments are closed.