Apr 20

Diere maniere vir die jongspan

Leeus
Mannetjies kan tussen 150-225 kg weeg, waar vroutjies bietjie kleiner is en tussen 110-152kg kan weeg. Al is hulle so groot kan hulle tot 81km/h hardloop! Leeus is sosiale diere en bly saam in ‘n groep. Daar is gewoonlik tussen 10 en 15 leeus in een area en ons noem dit ‘n trop. Jy kan ‘n mannetjie leeu tot en met 8km ver hoor brul!

Olifante
‘n Olifante is weer die grootste land dier – ‘n olifantbul staan 3meter hoog en kan tussen 4000 en 7500 kg weeg. Omdat hulle so groot is moet hulle baie eet, olifante kan tussen 12 en 18 uur per dag gras, blare en vrugte eet.

Kameelperde
Kameelperde is baie interessante diere. Hulle is bekend vir hul lang nekke en kan tot en met 5.5m hoog staan! Kameelperde is herbivore, dit beteken hulle eet net plante en blare. Hierdie blare bevat baie water en daarom drink kameelperde slegs eenkeer elke paar dae vars water.

Die Kruger Nationale Park bied daagliks twee wildritte aan, waarop hulle ons almal uitnooi!

Skakel in elke oggend om 5:30 tot 8:30 en in die middae van 15:30 tot 18:30. Hulle deel ook interessante feite en beantwoord vra.

Skakel na wildrit.

English