Jan 07

Daaglikse aktiwiteite vir die uitgerekte vakansie

Die jaar se skoolvakansie voel ekstra lank – skole het vroeg gesluit en begin eers weer middel Januarie. Al die werkende ouers moes al plan maak om die kinders êrens te laat kuier of ekstra verlof bymekaarskraap.

Maar vir daai laaste week wat almal al effens in mekaar se hare is en na hul skoolmaatjies verlang is hier daaglikse aktiwiteite. Min voorbereiding en min opruim want, teen dié tyd kort mamma en pappa ook al ‘n breuk.

Buite speletjies vir die warm somersdae:

Ysblok skatkis

  • Kry groterige plastiek bakke / roomysbakke, vir elke kind sy eie.
  • Versamel ‘ paar plastiek speelgoedjies, eetgerei of vreemde voorwerpe soos krale en knope (maak net seker dit is ouderdom geskik vir jou kinders).
  • Verdeel al die voorwerpe tussen die kinders.
  • Meng in n groot beker water en voedselkleursel van jou keuse en gooi dit in die bakke tot vol.
  • Plaas oornag in die vrieskas.
  • Kry ‘n hammer en beitel vir elke kind om sy skatte te kan uitkap.
  • Wanneer die dag lank raak, haal die bakke uit en neem na buite om te begin smelt sodat julle die ysblok uit die bak kan haal.
  • Laat die kinders na hartelus kap aan hulle ysblokke totdat al die speelgoed vrygelaat is.
  • Elkeen tel sy eie speelgoed op, was sommer saam in die bad vanaand en waarna hulle dit kan wegpak – maklik!

Gesonde tande 

Vandag se aktiwiteit is opvoedkundig ook!

  • Vat ‘n groterige vel papier en deel in twee kolomme.
  • Teken in een kolom ‘n gesonde tand (teken sommer ‘n glimlag gesiggie op soda thy vriendelik lyk).
  • Teken in die tweede kolom ‘n tand vol vrot plekkies, met ‘n hartseer gesiggie.
  • Verduidelik bietjie watter kosse is goed vir ons tande en wat lei na tandbederf.
  • Kry paar tydskrifte of kruidenierswarewinkels se advertensieblaadjies.
  • Laat die kinders verskillende kosse uitknip of skeur dit uit die tydskrifte (mamma sal moet help met kleiner kindertjies).
  • Gebruik uitdraai gom en plak elke kos prentjie onder die regte tand, bv. lekkers en gaskoeldrank by die vrot tand kolom en appels in die gesonde tand kolom.

Gee plastiekdiere ‘n tweede lewe

Sleutelhouers

Bedref nuwe juffrou of ‘n familielid met ‘n nuwe sleutelhouer. Of elke kind kan ene maak vir sy eie kamer.

  • Koop sleutelhouerringetjies wat ‘n kettingtjie aan het en klein hakkies, by jou naaste hardewarewinkel.
  • Soek ‘n paar platiekdiere, waarmee die kinders nie meer speel nie.
  • Kry ‘n blik helder spuitverf uit die motorhuis.
  • Bedek ‘n veilige werk oppervlakte met koerantpapier.
  • Help hulle om hulle diertjie te bespuit met die spuitverf. Twee lae mag dalk benodig word en kleef ook beter aan die plastiek.
  • Ma kan ‘n klein gaaitjie maak met ‘n skerp mes of skêr en dan die hakkie daarin druk, waar die sleutelhouer se ringetjie moet vaskom.
  • Plaas die ringetjie binne in die hakkie en vou dit toe met behulp van ‘n tang.
  • Volia! Haak jou sleutels aan en reg vir gebruik.

Magnete (Mamma sal asb moet toesig hou en heeltyd help)

  • Gebruik plastiekdiertjies (wat hol is binne) en sny hulle middle deur.
  • Maak gebruik van n groot skêr of elektriese vleismes. Mamma sal die moet doen!
  • Plak ‘n ronde magneet aan die agterkant van die diertjies (altwee kante kan gebruik word).
  • Julle kan self besluit of julle dit wil verf of so los.
  • Versier die yskas met ‘n paar nuwe magnete vir die nuwe jaar.

Nuwe drinkglase

  • Kry ‘n paar ou gladde plastiekglase in die kas.
  • Soek na plastiekdiere wat maklik ‘n handvatsel kan vorm.
  • Plak die diertjie op die glas om ‘n handvatsel aan die kant te vorm.
  • ‘n Warm gomgeweer (“glue gun”) sal die werk doen, maak net seker alle klein handjies bly ver weg van die gom af.

Emosies

Kleuters moet nog leer wat is verskillende emosies en hoe dit ons laat voel. Kom ons wees eerlik, ons grootmense moet ook nog gereeld leer hoe om ons emosies in toom te hou.

  • Kry twee groot bokse/houers of koeverte. Teken op een ‘n vriendelike gesiggie en op die ander ‘n hartseer gesiggie.
  • Knip ‘n klomp verskillende gesigsuitdrukkings uit tydskrifte uit (die kan so deur die loop van die vakansie bymekaar gemaak word).
  • Laat die kinders elke gesig in die relevante houer plaas.
  • Praat oor die emosies soos julle deur die gesiggies werk en noem voorbeelde op van situasies war die kinders (of jyseld) hierdie emosies ervaar het.

Tandeborsel kuns

Van julle sal nog die klassieke kunswerke onthou van toe ons self klein was!

  • Kry waterverf palette, ‘n plat plastiekbakkie vol water en paar ou tandeborsels.
  • Baie koerantpapier, ‘n paar velle skoon papier en maskeer band sal ook benodig word.
  • Plaas die koerant papier op jul werksoppervlakte (verkieslik buite).
  • Elkeen kan ‘n vormpie/prentjie van maskeer band op ‘n wit papier plak.
  • Daarna gebruik die waterverf en water om die tandeborsels goed nat te maak en dan met kan hul met hul vingertjies die borsel se haartjies skiet oor die bladsy.
  • As die hele bladsy bedek is in verskillende kleure, los hom om heeltemal droog te word.
  • Die maskeerband kan dan afgetrek word om hulle prentjie te onthul.

Leeu maskers

  • Leeu maskers
  • Terwyl die verf nog naby is – kan ons “dier-bare” maskers maak.
  • Gebruik papierborde en laat die kinders (wat veilig self kan) die randjie sny soos die maanhare van ‘n leeu.
  • Help om ogies in die middel van die bord uit te sny.
  • Daarna kan hulle die verf gebruik om hulle leeu gesiggies te versier.
  • Plaas ‘n rekkie deur die bord met behulp van die klein gaaitjies.
  • Laat hul rondspeel met hulle maskers aan. Dit skep ‘n goeie geleentheid om bietjie hulle verbeeldings te gebruik en in ‘n fantasiewêreld te betree.

Vakansie album

Die laaste aktiwiteit is ‘n sentimentele ene en kan as gesin saam gedoen word.

Laat almal ‘n paar van hulle gunsteling vakansie foto’s uitkies en druk hulle uit. Kry ‘n album of boek om die fotos in te plak. Gebruik ‘n paar “scrapbook” items sodat die kinders dit kan versier en skryf ook rondom die foto’s die herinneringe van die vakansie wat saam met die foto’s gaan. Eendag sal julle dit geniet om saam terug te kyk na die aandenking.

Geniet die laaste rukkie saam, voor 2020 voluit aan die gang spring!

English

Cookies Policy

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.