Sep 14

Oefen speel-speel daai maagspiere!

Die laaste paar maande was groot en klein minder aktief – dankie grendeltyd en koue winter! Skermtyd het vermeerder en om op die bank te lê was deel van ons daaglikse tydsverdryf. Daar was ook baie langer gesit voor boeke en skootrekenaars, sonder die rondloop tussen klasse of pouses se speel.

Ontwikkelde maagspiere by kinders is baie belangrik. Dit bepaal hulle postuur, wat weer hulle groot- en klein motoriese vaardighede beïnvloed. Swak maagspiere affekteer hulle balans, uithouvermoë en laat onder andere hulle skouers vorentoe rol – wat ‘n indikasie van slegte postuur is.

Die ontwikkeling van kinders se maagspiere begin al van hul babadae af. “Tummy time” is die eerste vorm hiervan. Dit help dat babas hulle nekspiere en boonste rugspiere oefen sodat hulle hul koppies kan oplig en maak hul nekkies sterk. Dit dra later by tot hul groot mylpale soos kruip, rol en om alleen te kan regop sit. Later, soos wat kinders ouer word is speel die beste manier om die spiere te oefen – hardloop, spring, klim en klouter. Ander maklike maniere om maagspiere te oefen is om te swem, fiets te ry en trampolien te spring.

Hier is nog ‘n paar voorstelle hoe om ekstra oefening in te kry:

  • Kruiwa stoot: Laat jou kind plat op sy magie lê, opdruk met sy armpies en dan lig jy stadig sy bene. Hulle kan dan stadig begin vorentoe loop op hul hande. Laat hulle kort-kort ‘n breek vat en probeer elke keer ‘n verdere afstand loop.
  • Swaai: Leer hulle hoe om hulle self te maak met hulle beentjies
  • Padda spronge Bommelakiesies oefen
  • Leerklim: die klimraam sin is voldoende
  • Rol en hop op ‘n groot oefen bal

Speel gerus buite met jou kleingoed en kry sommer self bietjie oefening in!

Afrikaans

KOEKIESBELEID

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.