Jul 12

Jou geestesgesondheid

Geestesgesondheid klink soos ‘n vreemde woord wat mens laat dink aan ‘n vampier of ‘n draak – maar hierdie is ‘n term wat ons as ouers baie meer bewus van moet wees.

Van ons het twee-jariges en hulle geestesgesondheid word daagliks bevraagteken as gevolg van die verkeerde bord of koppie wat jy gekies het om te gebruik, selfs die hond wat na hulle kyk kan gevoelens van woede of trane te vore bring. Tieners beproef jou selfbeeld, klere smaak en bestuursvermoëns… Ouers maak maklik grappies oor moegheid, min slaap en die fases waardeur ons kinders gaan. Maar ouerskap is vol uitdagings en mens voel soms alleen – en daarom kyk ons na die verskillend tipes geestes versteurings wat onder ouers kan voorkom.

Postnatale depressie kom voor na die geboorte van ‘n kind. Ons vermoed altyd dis normaal by mamma’s as gevolg van hormoonveranderings, slapelose nagte en al die groot veranderinge wat plaasvind, maar ons vergeet dat pa’s se lewens ook aansienlik baie verander. Postpartummen.com beweer 1 in 4 nuwe pa’s kan lei aan postnatale depressie.

Postnatale depressie kan enige tyd gedurende swangerskap begin tot en met die eerste jaar na geboorte. Dit kom ook nie net voor na die geboorte van die eerste kind nie, maar kan kop uit steek na kind nommer 2 of 3. Simptome sluit in onreëlmatige gemoedsverandering, insomnia, aanhoudend huil, geïrriteerdheid, die onvermoë om daaglikse take te kan uitvoer, wanneer jy sukkel om ‘n band te vorm met baba en jou baba (of jouself) wil seermaak. Meer mamma’s begin praat oor hierdie onderwerp en pappa’s moer ook – dis niks om oor skaam te wees nie. Daar is medikasie beskikbaar, wat selfs veilig is om te drink terwyl jy borsvoed. En so ook ‘n paar natuurlike opsies wat ouers kan oorweeg, soos Omega 3 vetsure, massering, aromaterapie en oefening. Daar word beweer dat hierdie vorm van depressie wel later kinders se ontwikkeling en gedrag kan affekteer, so raadpleeg so gou as moontlik jou dokter indien jy vermoed jy meer as net die “Baby Blues” het. Gesels ook met jou naaste mense en vorm ‘n ondersteunings netwerk.

Daar is ook nou ‘n nuwe tipe depressie waarvan daar gepraat word, die “Post weaning depression”, soos genoem deur Kellymom.com. Dit dit is normaal om hartseer te wees as die fase verbygaan, maar hierdie tipe depressie is wanneer die gevoelens van angstigheid, geïrriteerdheid en gemoedsveranderinge nie weg gaan nie. Dit word toegeskryf aan die hormoonveranderinge wat plaasvind wanneer ma’s ophou borsvoed. Prolaktien en Oksitisien is die groot menere wat blameer word. Prolaktien bring ‘n gevoel van kalmte en ontspanning na vore waar Oksitosien weer die hormoon van liefde genoem word en juis help om ‘n band met jou baba te vorm. As die speen proses baie vinnig vorder of dis ma’s wat moet speen voor dat hul dalk reg was of wat nie self besluit het om die proses te begin nie kan die gevoelens baie meer intens beleef. Alhoewel dit die einde van ‘n baie spesiale verhouding is, is dit ook die begin van ‘n nuwe fase tussen jou en jou kleinding.  

Ouers kan ook lei aan ernstige angstigheid, soveel so dat dit hulle hele lewens om ver kan gooi en dit allerdaagse take onmoontlik maak. Die aanhoudende kommer dat iets met jou of jou kind kan gebeur word ondraaglik, ouers voel meestal of hulle beheer verloor en is konstant opgewerk. Gaan sien iemand wat kan help en bespreek dit met jou dokter.

Onvrugbaarheid is eensaam en hartseer. Mense praat nie graag oor miskrame nie. Ouers van prematuur  baba’s word oorrompel met emosies van isolasie en kommer – gaan jou kind oorleef en sal daar skade wees? Dan praat ons nie eers van die hospitaalrekeninge nie! Enkel ouers moet daagliks die skoene van twee ouers vul en moet dan nog meestal voldag werk ook. Baie mamma’s voel skuldig omdat hulle werk en die tuisbly mamma voel weer nutteloos in die geld en prestasie gedrewe wêreld van vandag. Tieners laat mens in jouself twyfel en als bevraagteken oor die vorige veertien jaar. Om kinders aan te neem kom saam met baie emosies en die rol van stiefma of -pa is nooit maklik nie. So “mommy guilt is real”en die hele kringloop van ouerskap is vol verskillende uitdagings – so kom ons ondersteun mekaar en kyk uit vir mekaar.

En onthou, ‘it takes a village to raise a child’.

Deur Zanje Kromhout

Afrikaans

KOEKIESBELEID

We use cookies so that you may have a better online experience with us.

To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.