Verras jou kleinding die maand met ‘n prentjie op haar bord. Die resep is maklik, kan aangepas word en sluit ‘n hele paar groente in.
(Indien jy ekstra gesond wil wees kan jy die pasta met volgraan pasta vervang, jou eie burger-patties maak of selfs vegetariese patties gebruik.)
Volg slegs die prentjie hier bo en siedaar! Mamma wen ekstra drukkies vir haar lekker (en oulike) bord kos.
Bestandele:
- Pasta (enige pasta sal werk)
- Burger pattie
- Gekookte eier
- Blaarslaai
- Komkommer
- Druiwe/ olywe
- Tamaties/rooi soetrissie
Comments are closed.