Daar is baie gedigte oor lente, tog is herfs een van die mooiste seisoene van die jaar met sy warm aardse kleure
Om my seuntjie van herfs te leer was ‘n lekker avontuur, en ons het op ‘n paar dinge gefokus. Eerstens het ek ‘n A5 kopie gemaak van die seisoenplakkaat op Besige Breintjies se webtuiste. Laai dit hier af.
Om dit kinder-vriendelik te maak het ons die plakkaat gelamineer. Ek het begin deur vir hom te verduidelik dat daar vier seisoene is: Lente- wanneer die bome bloeisels kry, somer-wanneer ons vrugtebome begin vrugte dra. Herfs-wanneer die bome se blare begin verkleur en winter-wanneer al die blare van bladwisselende bome begin afval. Ons het ook die volgende twee videos op youtube gekyk. Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=CyJIfdA71Lc en https://www.youtube.com/watch?v=xB2DiiAOpCg.
Ek het ondervind dat deur dieselfde idee op verskillende maniere vir my seuntjie te wys, help hom om dit beter te onthou. Ons volgende stap was om verkleurende boomblare te soek. Ons het van boom tot boom gestap- eers in ons tuin, en toe in die omgewing. Ons het mooi blare van verskillende kleure begin soek. Dit is ook ‘n goeie tyd om kleure te onderskei: Geel, wynrooi, rooi, oranje, groen en selfs bruin blare. Vir ons was dit ‘n lekker skattejag van blare en kleure.
Benodighede:
- Blare
- A4 Witblaai
- Gom (Glue stick of Pritt)
- Bietjie sand
- Sker
- Potlood
- Uitveër
- Wet wipes
Ek het toe vir hom ‘n paar interessante feite oor hasies geleer. Eerstens word hasies omtrent 9 tot 12 jaar oud, maar die oudste hasie was 18 jaar oud. Ek het ook die volgende video vir hom gewys op YouTube. Skakel: https://www.youtube.com/watch?v=0dWkMaynGkk.
Op n skoon wit bladsy het ek die hasie op afgetrek om vir ons riglyne te gee waar om die blare te plak.
Hier is 'n skakel vir ‘n afdrukbare prentjie van ‘n hasie om te gebruik. As mens dit druk kan dit ook gebruik word om in te kleur. Ons het toe begin om blare te plak, en sny tot ons hasie uit blare op papier gehad het. Gebruik uitveer om potloodlyne uit te vee wat uitsteek. Om die prentjie af te rond, gebruik die gom om aan die onderkant van bladsy gom te smeer en strooi sand oor. Ons het ‘n blaar en stingels gebruik om ‘n boom ook by te sit. Ek het ‘n pak wetwipes byderhand gehad om ons hande gomvry te hou.
Sterna (33) is die mamma van woelige klein Christof (3). Sy is met Casper getroud, bly in Roodepoort, het ‘n graad in Bemarkings Bestuur en werk voltyds.
Comments are closed.