{"id":5935,"date":"2019-02-28T12:50:33","date_gmt":"2019-02-28T10:50:33","guid":{"rendered":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/?p=5935"},"modified":"2020-11-23T12:33:59","modified_gmt":"2020-11-23T10:33:59","slug":"hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/","title":{"rendered":"Hoe om jou kind se spelling te verbeter"},"content":{"rendered":"<figure class=\"wp-block-image\"><img decoding=\"async\" width=\"819\" height=\"461\" data-src=\"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/spelling.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-5936 lazyload\" data-srcset=\"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/spelling.png 819w, https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/spelling-300x169.png 300w, https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/spelling-768x432.png 768w, https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/spelling-560x315.png 560w\" data-sizes=\"(max-width: 819px) 100vw, 819px\" src=\"data:image\/svg+xml;base64,PHN2ZyB3aWR0aD0iMSIgaGVpZ2h0PSIxIiB4bWxucz0iaHR0cDovL3d3dy53My5vcmcvMjAwMC9zdmciPjwvc3ZnPg==\" style=\"--smush-placeholder-width: 819px; --smush-placeholder-aspect-ratio: 819\/461;\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoe kan ons\nons kinders se spelling verbeter? Baie ma\u2019s is bekommerd oor hoe goed of sleg\nons kinders spel. Te oordeel aan die gehalte spelling wat mens te\u00ebkom by veral\nkommentaar op nuusberigte en op sosiale media, lyk dit egter nie of almal voel\nspelling is so belangrik nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoe kan ons die hele spellingkwessie met minder angs aanpak? Ons gee \u2018n paar wenke:<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Mens kan spelling verbeter deur jou kind te wys op die verskil tussen klanke en letters<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Klanke is\ndie goed wat ons hoor en letters is die goed wat ons sien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u0149 Eenvoudige\noefening waarmee jy dit vir jou kind kan illustreer, is om \u0149 prentjie te vat\nvan \u0149 potlood en nog een van \u0149 kameelperd. Dan s\u00ea jy: kom ons klank potlood.\nP-o-t-l-oo-d. Hoeveel klanke was dit? Dit was ses klanke. Kom ons skryf nou\npotlood. Skryf die woord dan vir die kind op die regte manier. Dan s\u00ea jy: kom\nons tel die letters. My w\u00eareld! Die woord het sewe letters. So hierdie ding\nklink anders as wat hy lyk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Doen dan\ndieselfde met kameelperd. K-a-m-ee-l-p-e-r-d. Dit het nege klanke. Maar as ons\ndit skryf, sien ons die woord het tien letters.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Praat dan\nbietjie met jou kind hoekom hy dink dit gebeur. Dan gaan hy s\u00ea: as ek s\u00ea oo of\nee dan hoor ek een ding, maar as ek skryf dan skryf ek twee lettertjies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie\noefening gee vir die kind die gevoel dat hoe dit klink en hoe dit lyk is nie\naltyd dieselfde is nie. Dit leer hom om nie daarvoor te skrik nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">S\u00ea vir jou\nkind dis eenvoudig hoe dit is. Soos wat hy ouer word en al hoe meer skryf, gaan\nhy baie daarmee te doen kry dat woorde anders klink as wat hulle op papier lyk.<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\"><strong>Jy kan spelling verbeter deur met lettergrepe of klankgrepe te werk<\/strong><\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Begin ook\nvroeg-vroeg met lettergrepe of dan klankgrepe werk. Klankgrepe en lettergrepe\nis nie dieselfde nie. Klankgrepe is hoe ons dit s\u00ea en deel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kom ons vat\nbyvoorbeeld die woord tassie, sy klankgrepe is ta-sie. Maar as mens die\nlettergreepverdeling doen, werk jy met die letters. Dan staan die woord tassie\nvoor jou en dan gaan jy hom tussen die s\u2019e deel. Mens moet lettergrepe eintlik\nnie hardop s\u00ea nie, dis iets wat jy sien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wanneer jy\nlees gebruik jy lettergrepe en die re\u00ebls vir lettergreepverdeling meer. As jy\nregtig \u0149 baie lang woord in \u0149 leesstuk te\u00ebkom, dan help lettergreepverdeling\njou om te weet hoe jy die woord sinvol moet opbreek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u0149 Goeie wenk\nhoe mens lettergrepe aan spelling kan haak, is om jou kind van jongs af, s\u00ea\nhier van vyf af, klankgrepe te laat uitklap. Die kind sien nog nie die woord of\ndie lettertjies nie, maar hy hoor hom. Byvoorbeeld kameelperd klap hy as\nka-meel-perd.<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\"><strong>Spel beter: woorde met net een lettergreep is bietjie makliker<\/strong><\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As die kind\ndie klankgrepe tel, wil mens h\u00ea hulle moet bewus word van kort woorde en lang\nwoorde. Later as hulle begin spel, is daar \u0149 baie lekker spelre\u00ebl in Afrikaans\nen dit is: As jy \u0149 eenlettergrepige woord skryf, skryf jy die vokaal die meeste\nvan die kere presies soos hy klink.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">S\u00ea nou maar\ndie woord is wit, dan is die vokaal \u0149 kolletjie i. In ander woorde hoor ons\npartykeer \u0149 i, maar dan skryf ons \u0149 e, soos byvoorbeeld die tweede e in lekker\n(ons s\u00ea le-kir).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie\neenvoudige spelre\u00ebl help kinders baie. Dit keer dat hulle nie so moedeloos word\nmet die vokale wat anders geskryf word as wat hulle ges\u00ea word nie. Soos met die\nwoord boom, wat in bome skielik nou net een o het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sodra\nkinders gekonfronteer word met die taalre\u00ebl dat die tweede o wegval by die\nmeervoud, begin hulle baie keer dink as hulle \u0149 o op enige plek hoor, hulle die\nander lettertjie maar kan weggooi. So geleidelik begin hulle besef spelling en\ntaalre\u00ebls is ingewikkelder as wat hulle gedink het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As die kind\negter geleer het as daar net een klap is, soos vir \u0149 kort woord met net een\nlettergreep, mens die vokaal skryf presies soos wat hy klink, is dit darem een\nding waaroor die kind hom nie hoef te bekommer nie.<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\"><strong>Mens kan spelling verbeter deur te wys op die verskil tussen vokale en konsonante<\/strong><\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Leer jou\nkind ook die verskil tussen vokale en konsonante. Of dan klinkers en\nmedeklinkers. Om dit te doen laat jy jou kinders baie speel met klanke in hulle\nmonde. So leer hulle dan watter klanke is konsonante en watter is vokale.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alle\nklinkers het stem<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alle vokale,\nmet ander woorde alle klinkerklanke, het stem. Mens s\u00ea hulle is stemhebbend.\nLaat jou kind sy vingers teen sy keel op sy stemkas sit en laat hom \u0149 a of \u0149 e\nof \u0149 o of \u0149 u s\u00ea om die beweging te voel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis vir\nkinders vreeslik lekker om te voel daar is iets lewendigs in hulle kele. Ontdek\ndit saam met jou kind. En onthou die stemhebbendheid geld vir die\nvokaalkombinasies ook, soos die langer klanke soos aa,ee,i,oo en uu, maar ook\ndie kort a,e,i,o,u. En dan ook die diftonge soos aai, oei en eu.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Vokale is ook oopmakers in jou woorde<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hulle maak\ndit maklik om woorde te lees. As mens \u0149 klont konsonante opmekaar het, is dit\nmoeilik om te lees. Ons kry dit soms in Afrikaans by \u0149 woord soos \u2018venster\u2019,\nwaar daar nst langs mekaar is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vokale dryf\ndie lettergreepstruktuur van die woord. Daar waar die vokaal is, gaan jou mond\noop en dis maklik om te s\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Laat jou\nkind die oopmakers saam met jou ontdek. Skryf die alfabet uit en kies al die\noopmakers. En onthou in Afrikaans is y altyd \u0149 oopmaker. In Engels is y soms \u0149\nmedeklinker aan die begin van \u0149 woord, soos \u201cyes\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Speel nou\nmet die konsonante rond. Hulle is altyd toemakers. Soos lippe wat aanmekaar\nraak (m of p) of tande op lippe (v), of \u0149 tong wat oplig en aan die verhemelte\nraak (r). Partykeer is daardie aanraking net \u0149 oomblikkie lank. Soos wanneer\nmens k of t s\u00ea. Dis vlietend, want hulle is ontplofklanke. Maar as mens s\u00ea mmm\nis die aanraking die hele tyd daar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Speel die spie\u00eblspeletjie met jou kind<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sit voor \u0149\nspie\u00ebl saam met jou kind en raak bewus van die verskillende klanke. Dit is \u0149\nuitstekende oefening om jou kind se fonologiese bewustheid aan te help. Sonder\nhierdie klankbewussyn gaan hy regtig sukkel om te lees en te skryf.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die\nspie\u00ebloefening kan mens al hier teen vyf of ses jaar doen, dalk selfs jonger.\nAs jy dit nog nooit met jou kinders gedoen het nie, kan jy dit natuurlik ook\nmet ouer kinders doen. Dis \u0149 speletjie, mens maak geluide en so ontdek jou kind\n\u0149 stuk van sy liggaam.<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\"><strong>Aandag aan klempatrone kan spelling verbeter<\/strong><\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Leer jou\nkind verder van klempatrone. Nie net in gedigte nie, maar in alle woorde. Mens\nmoet klemoefeninge met jou kinders doen, omdat dit hulle instel op die ritme en\ndie klankpatrone van taal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u0149 Kind moet\nweet dis v\u00eds-stok en nie vis-st\u00f3k nie. En die kind moet dit in sy kop kan hoor.\nSpelling word ook deur klem be\u00efnvloed. Soos in die re\u00ebl dat \u0149 beklemtoonde,\nlang a aan die einde van die woord vir sy meervoud \u0149 afkappingsteken kry, soos\nin die woord hoera wie se meervoud hoera\u2019s is en nie hoeras nie!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Begin deur\nnet eers jou kind bewus maak van klem. En weer eens, maak \u0149 speletjie daarvan.\nJy s\u00ea vir die kind: het jy al gehoor dat mens een deeltjie van \u0149 woord harder\ns\u00ea as ander dele?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die belangrike ding met klank is jy moet baie speletjies met jou kind speel. En baie daaroor lag as dit snaaks klink. Dis nie \u0149 pen-en-papier-oefening nie. Dis \u0149 praatoefening, wat mens byvoorbeeld kan doen as jy in \u0149 kar ry.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Bron:<\/strong> <a href=\"https:\/\/oolfant.com\/spelling-verbeter\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\" aria-label=\"Oolfant.com (opens in a new tab)\">Oolfant.com<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoe kan ons ons kinders se spelling verbeter? Baie ma\u2019s is bekommerd oor hoe goed of sleg ons kinders spel. Te oordeel aan die gehalte spelling wat mens te\u00ebkom by veral kommentaar op nuusberigte en op sosiale media, lyk dit egter nie of almal voel spelling is so belangrik nie. Hoe kan ons die hele spellingkwessie met minder angs aanpak? Ons gee \u2018n paar wenke: Mens kan spelling verbeter deur jou kind te wys op die verskil tussen klanke en letters Klanke is die goed wat ons hoor en letters is die goed wat ons sien. \u0149 Eenvoudige oefening waarmee jy dit vir jou kind kan illustreer, is om \u0149 prentjie te vat van \u0149 potlood en nog een van \u0149 kameelperd. Dan s\u00ea jy: kom ons klank potlood. P-o-t-l-oo-d. Hoeveel klanke was dit? Dit was ses klanke. Kom ons skryf nou potlood. Skryf die woord dan vir die kind op die regte manier. Dan s\u00ea jy: kom ons tel die letters. My w\u00eareld! Die woord het sewe letters. So hierdie ding klink anders as wat hy lyk. Doen dan dieselfde met kameelperd. K-a-m-ee-l-p-e-r-d. Dit het nege klanke. Maar as ons dit skryf, sien ons die woord het tien letters. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[39],"tags":[],"class_list":["post-5935","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-interesting-articles"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.0 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Hoe om jou kind se spelling te verbeter - Besige Breintjies<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Hoe om jou kind se spelling te verbeter - Besige Breintjies\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hoe kan ons ons kinders se spelling verbeter? Baie ma\u2019s is bekommerd oor hoe goed of sleg ons kinders spel. Te oordeel aan die gehalte spelling wat mens te\u00ebkom by veral kommentaar op nuusberigte en op sosiale media, lyk dit egter nie of almal voel spelling is so belangrik nie. Hoe kan ons die hele spellingkwessie met minder angs aanpak? Ons gee \u2018n paar wenke: Mens kan spelling verbeter deur jou kind te wys op die verskil tussen klanke en letters Klanke is die goed wat ons hoor en letters is die goed wat ons sien. \u0149 Eenvoudige oefening waarmee jy dit vir jou kind kan illustreer, is om \u0149 prentjie te vat van \u0149 potlood en nog een van \u0149 kameelperd. Dan s\u00ea jy: kom ons klank potlood. P-o-t-l-oo-d. Hoeveel klanke was dit? Dit was ses klanke. Kom ons skryf nou potlood. Skryf die woord dan vir die kind op die regte manier. Dan s\u00ea jy: kom ons tel die letters. My w\u00eareld! Die woord het sewe letters. So hierdie ding klink anders as wat hy lyk. Doen dan dieselfde met kameelperd. K-a-m-ee-l-p-e-r-d. Dit het nege klanke. Maar as ons dit skryf, sien ons die woord het tien letters. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Besige Breintjies\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-02-28T10:50:33+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-11-23T10:33:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/spelling.png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Besige Breintjies\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Besige Breintjies\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Besige Breintjies\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ce9ead25e489312e7ceffdb84f3b801b\"},\"headline\":\"Hoe om jou kind se spelling te verbeter\",\"datePublished\":\"2019-02-28T10:50:33+00:00\",\"dateModified\":\"2020-11-23T10:33:59+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\\\/\"},\"wordCount\":1322,\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/02\\\/spelling.png\",\"articleSection\":[\"Interesting Articles\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\\\/\",\"name\":\"Hoe om jou kind se spelling te verbeter - Besige Breintjies\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/02\\\/spelling.png\",\"datePublished\":\"2019-02-28T10:50:33+00:00\",\"dateModified\":\"2020-11-23T10:33:59+00:00\",\"author\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ce9ead25e489312e7ceffdb84f3b801b\"},\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/02\\\/spelling.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/02\\\/spelling.png\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Hoe om jou kind se spelling te verbeter\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/\",\"name\":\"Besige Breintjies\",\"description\":\"Make learning fun!\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ce9ead25e489312e7ceffdb84f3b801b\",\"name\":\"Besige Breintjies\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee7da9af83cf9b8587134fa34c054f59a4e9d4ccf76959b8352acd295dd9209a?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee7da9af83cf9b8587134fa34c054f59a4e9d4ccf76959b8352acd295dd9209a?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee7da9af83cf9b8587134fa34c054f59a4e9d4ccf76959b8352acd295dd9209a?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Besige Breintjies\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/af\\\/author\\\/besige44brein22\\\/\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Hoe om jou kind se spelling te verbeter - Besige Breintjies","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Hoe om jou kind se spelling te verbeter - Besige Breintjies","og_description":"Hoe kan ons ons kinders se spelling verbeter? Baie ma\u2019s is bekommerd oor hoe goed of sleg ons kinders spel. Te oordeel aan die gehalte spelling wat mens te\u00ebkom by veral kommentaar op nuusberigte en op sosiale media, lyk dit egter nie of almal voel spelling is so belangrik nie. Hoe kan ons die hele spellingkwessie met minder angs aanpak? Ons gee \u2018n paar wenke: Mens kan spelling verbeter deur jou kind te wys op die verskil tussen klanke en letters Klanke is die goed wat ons hoor en letters is die goed wat ons sien. \u0149 Eenvoudige oefening waarmee jy dit vir jou kind kan illustreer, is om \u0149 prentjie te vat van \u0149 potlood en nog een van \u0149 kameelperd. Dan s\u00ea jy: kom ons klank potlood. P-o-t-l-oo-d. Hoeveel klanke was dit? Dit was ses klanke. Kom ons skryf nou potlood. Skryf die woord dan vir die kind op die regte manier. Dan s\u00ea jy: kom ons tel die letters. My w\u00eareld! Die woord het sewe letters. So hierdie ding klink anders as wat hy lyk. Doen dan dieselfde met kameelperd. K-a-m-ee-l-p-e-r-d. Dit het nege klanke. Maar as ons dit skryf, sien ons die woord het tien letters. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/","og_site_name":"Besige Breintjies","article_published_time":"2019-02-28T10:50:33+00:00","article_modified_time":"2020-11-23T10:33:59+00:00","og_image":[{"url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/spelling.png","type":"","width":"","height":""}],"author":"Besige Breintjies","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Besige Breintjies","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/"},"author":{"name":"Besige Breintjies","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#\/schema\/person\/ce9ead25e489312e7ceffdb84f3b801b"},"headline":"Hoe om jou kind se spelling te verbeter","datePublished":"2019-02-28T10:50:33+00:00","dateModified":"2020-11-23T10:33:59+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/"},"wordCount":1322,"image":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/spelling.png","articleSection":["Interesting Articles"],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/","url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/","name":"Hoe om jou kind se spelling te verbeter - Besige Breintjies","isPartOf":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/spelling.png","datePublished":"2019-02-28T10:50:33+00:00","dateModified":"2020-11-23T10:33:59+00:00","author":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#\/schema\/person\/ce9ead25e489312e7ceffdb84f3b801b"},"breadcrumb":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/besigebreintjies.co.za\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/#primaryimage","url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/spelling.png","contentUrl":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/02\/spelling.png"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/hoe-om-jou-kind-se-spelling-te-verbeter\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Hoe om jou kind se spelling te verbeter"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#website","url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/","name":"Besige Breintjies","description":"Make learning fun!","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#\/schema\/person\/ce9ead25e489312e7ceffdb84f3b801b","name":"Besige Breintjies","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee7da9af83cf9b8587134fa34c054f59a4e9d4ccf76959b8352acd295dd9209a?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee7da9af83cf9b8587134fa34c054f59a4e9d4ccf76959b8352acd295dd9209a?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee7da9af83cf9b8587134fa34c054f59a4e9d4ccf76959b8352acd295dd9209a?s=96&d=mm&r=g","caption":"Besige Breintjies"},"url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/author\/besige44brein22\/"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5935","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5935"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5935\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5935"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5935"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5935"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}