{"id":16904,"date":"2020-05-07T09:52:59","date_gmt":"2020-05-07T07:52:59","guid":{"rendered":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/?p=16904"},"modified":"2020-11-23T13:09:29","modified_gmt":"2020-11-23T11:09:29","slug":"n-spesiale-moedersdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/n-spesiale-moedersdag\/","title":{"rendered":"\u2018n Spesiale Moedersdag"},"content":{"rendered":"<p>Die laaste paar weke se denke en dade het gedraai om COVID-19 en die inperking. Nou is dit gelig na Vlak 4 en die meeste mense het verandering of \u2018n tipe terugkeer na \u201cnormaal\u201d verwag. Behalwe vir wintersklere koop, \u2018n stappie vroegoggend en wegneemetes wat afgelewer mag word, bly die meeste dinge maar dieselfde\u2026<\/p>\n<p>Behalwe die rol van ma\u2019s (of enige prim\u00eare versorger in die huis) natuurlik!<\/p>\n<p>In hierdie tydperk het ons soveel meer empatie met mekaar en die verskillende rolle van ma wees. Ons weet nou definitief wat tuisbly mamma\u2019s op \u2018n daaglikse basis doen \u2013 koffie afsprake en middagslapies is glad nie deel daarvan nie. Ons kry nog meer respek vir werkende ma\u2019s, wat nou die pot aan die kook hou en alles by die huis seepglad laat verloop. Die rolle het vermeerder van mamma, kok, versorger, verpleester en beste maat, na juffrou, speelterapeut en sport afrigter.<\/p>\n<p>Almal se omstandighede lyk anders. Sommige salarisse is gesny, ander is vasgekeer in klein spasies en met opgehoopte energie. Ander bekommer weer oor tuisonderrig en akademie. Sommige ma\u2019s moet terug werk toe en skole bly gesluit. Hare en naels wat uitgroei en \u2018n verlange na vriende en familie is ook geldige stressors.<\/p>\n<p><strong>Vir elke ma of moederfiguur is daar soveel meer respek, bewondering en liefde<\/strong>.<\/p>\n<p>Idees om die spesiale vrouens in ons lewens te bederf hierdie jaar:<\/p>\n<p><strong>1. Iets met so min as moontlik skottelgoed en skoonmaak.<\/strong><\/p>\n<p>Tuisgekookte maaltye met \u2018n bietjie liefde is altyd spesiaal\u2026 behalwe as mamma altyd die opwas, afvee en skoonmaak van die kombuis moet behartig! Hou \u2018n lekker piekniek buite (of binne in die herfs weer). Braai \u2018n vleisie met haar gunsteling bykosse. Of makliker nog &#8211; bestel \u2018n wegneemete, wat sy kan kies.<\/p>\n<p><strong>2. Gee haar die dag af!<\/strong><\/p>\n<p>Min mamma\u2019s sal dit erken en sal juis op hierdie spesiale dag tyd saam met die kinders wil spandeer, maar gee haar \u2018n blaaskans. Alleentyd is \u2018n skaarse luuksheid die laaste maand (en inkopies alleen tel nie).<\/p>\n<p>Bring vir haar koffie of ontbyt in die bed, laat die kinders haar oorrompel met liefde en blommetjies\u2026 maar gee haar daarna die opsie van \u2018n lang warm bad of die geleentheid om alleen buite te gaan stap in stilte. Beter nog vat die kinders vir \u2018n stappie en gun haar nog \u2018n rukkie in die bed. Probeer dit deur die loop van die dag weer herhaal\u2013 \u2018n rustige koppie koffie op die stoep terwyl iemand anders die kinders bad of die bed sit. Dit is verbasend wat so bietjie vrye tyd en \u2018n breuk van die allerdaagse aan \u2018n mamma se gemoed kan doen en haar battery weer kan herlaai vir die komende weke.<\/p>\n<p><strong>3. Hou dit eenvoudig<\/strong><\/p>\n<p>Daar is al baie kuns aktiwiteite gedoen oor die inperkingstyd en daar sal nog vele meer wees, as julle \u2018n handgemaakte kaartjie wil maak, hou dit eenvoudig. Die yskas kreun seker al onder al die geverfde meesterstukke en mamma hol weg as sy net daaraan dink dat sy weereens die blinkers moet opvee. <strong>S\u00ea vir haar eerder hierdie jaar hoe julle oor haar voel.<\/strong> Noem hoe dankbaar julle is vir haar en hoe baie julle haar waardeer. Noem al die dinge op wat haar spesiaal maak, wat sy alles vir julle doen en hoekom julle lief is vir haar. Neem dit op sodat sy weer daarna kan kyk wanneer die dae \u2018n bietjie te lank raak.<\/p>\n<p><strong>4. Geskenk idees:<\/strong><\/p>\n<p>Groot geskenke is iets wat kan oorstaan die jaar \u2013 meeste huise se finansies is onder geweldige druk en dit kan lei na spanning of skuldgevoelens vir mamma wat \u2018n geskenk ontvang. Die winkels beperk mens ook tans tot wintersklere of kos en is dalk is dit nie iets wat mamma nodig het nie. Sjokolade is altyd welkom! Of koffie! Of \u2018n glas wyn (as julle nog so gelukkig is)!<\/p>\n<p>Tyd is besonders kosbaar, so gee dit vir haar as \u2018n geskenk \u2013 vryf haar voete of bou saam met haar \u2018n legkaart. Wat wil sy al heel maand doen maar het net nog nie tyd daarvoor gehad nie? Help haar om dit te laat gebeur deur dit saam met haar te doen. (As dit is om die kombuiskaste skoon te maak, hou dit liefs vir volgende naweek).<\/p>\n<p>Maak \u2018n <em>slideshow<\/em> op \u2018n foon van al die spesiale familie oomblikke en stuur die vroegoggend vir haar. Sy sal lekker kan lag en dankbaar wees vir al die kosbare tye saam. Baba foto\u2019s of vakansietye is ook altyd lekker om na te kyk. Mamma\u2019s of Ouma\u2019s wat ver sal dit ook baie waardeer.<\/p>\n<p>Sit die aand haar gunsteling fliek of storie op en kyk saam met haar, sonder enige kommentaar. Mamma\u2019s het laaste keuse as dit kom by televisie en is meestal maar uitgelewer aan sport of <em>Peppa Pig<\/em>. Of maak vir haar spesiaal \u2018n gemaklike hoekie reg met peuselhappies en \u2018n koppie tee dat sy haar boek (of nuwe tydskrif) in stilte kan lees vir \u2018n uur of twee.<\/p>\n<p>Moet nie laat COVID-19 nog een oomblik versuur van die jaar nie \u2013 gebruik die huidige omstandighede en vier die kosbare ma of moederfiguur in julle lewens behoorlik!<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die laaste paar weke se denke en dade het gedraai om COVID-19 en die inperking. Nou is dit gelig na Vlak 4 en die meeste mense het verandering of \u2018n tipe terugkeer na \u201cnormaal\u201d verwag. Behalwe vir wintersklere koop, \u2018n stappie vroegoggend en wegneemetes wat afgelewer mag word, bly die meeste dinge maar dieselfde\u2026 Behalwe die rol van ma\u2019s (of enige prim\u00eare versorger in die huis) natuurlik! In hierdie tydperk het ons soveel meer empatie met mekaar en die verskillende rolle van ma wees. Ons weet nou definitief wat tuisbly mamma\u2019s op \u2018n daaglikse basis doen \u2013 koffie afsprake en middagslapies is glad nie deel daarvan nie. Ons kry nog meer respek vir werkende ma\u2019s, wat nou die pot aan die kook hou en alles by die huis seepglad laat verloop. Die rolle het vermeerder van mamma, kok, versorger, verpleester en beste maat, na juffrou, speelterapeut en sport afrigter. Almal se omstandighede lyk anders. Sommige salarisse is gesny, ander is vasgekeer in klein spasies en met opgehoopte energie. Ander bekommer weer oor tuisonderrig en akademie. Sommige ma\u2019s moet terug werk toe en skole bly gesluit. Hare en naels wat uitgroei en \u2018n verlange na vriende en familie is ook geldige [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2884,"featured_media":16905,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[39],"tags":[],"class_list":["post-16904","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-interesting-articles"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.3 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>\u2018n Spesiale Moedersdag - Besige Breintjies<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/n-spesiale-moedersdag\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u2018n Spesiale Moedersdag - Besige Breintjies\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die laaste paar weke se denke en dade het gedraai om COVID-19 en die inperking. Nou is dit gelig na Vlak 4 en die meeste mense het verandering of \u2018n tipe terugkeer na \u201cnormaal\u201d verwag. Behalwe vir wintersklere koop, \u2018n stappie vroegoggend en wegneemetes wat afgelewer mag word, bly die meeste dinge maar dieselfde\u2026 Behalwe die rol van ma\u2019s (of enige prim\u00eare versorger in die huis) natuurlik! In hierdie tydperk het ons soveel meer empatie met mekaar en die verskillende rolle van ma wees. Ons weet nou definitief wat tuisbly mamma\u2019s op \u2018n daaglikse basis doen \u2013 koffie afsprake en middagslapies is glad nie deel daarvan nie. Ons kry nog meer respek vir werkende ma\u2019s, wat nou die pot aan die kook hou en alles by die huis seepglad laat verloop. Die rolle het vermeerder van mamma, kok, versorger, verpleester en beste maat, na juffrou, speelterapeut en sport afrigter. Almal se omstandighede lyk anders. Sommige salarisse is gesny, ander is vasgekeer in klein spasies en met opgehoopte energie. Ander bekommer weer oor tuisonderrig en akademie. Sommige ma\u2019s moet terug werk toe en skole bly gesluit. Hare en naels wat uitgroei en \u2018n verlange na vriende en familie is ook geldige [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/n-spesiale-moedersdag\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Besige Breintjies\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-05-07T07:52:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-11-23T11:09:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/05\/mothersday_1.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"819\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"461\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Henningse\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Henningse\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/n-spesiale-moedersdag\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/n-spesiale-moedersdag\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Henningse\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/d24f19941a097bbccc3de64209caa656\"},\"headline\":\"\u2018n Spesiale Moedersdag\",\"datePublished\":\"2020-05-07T07:52:59+00:00\",\"dateModified\":\"2020-11-23T11:09:29+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/n-spesiale-moedersdag\\\/\"},\"wordCount\":860,\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/n-spesiale-moedersdag\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/05\\\/mothersday_1.png\",\"articleSection\":[\"Interesting Articles\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/n-spesiale-moedersdag\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/n-spesiale-moedersdag\\\/\",\"name\":\"\u2018n Spesiale Moedersdag - Besige Breintjies\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/n-spesiale-moedersdag\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/n-spesiale-moedersdag\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/05\\\/mothersday_1.png\",\"datePublished\":\"2020-05-07T07:52:59+00:00\",\"dateModified\":\"2020-11-23T11:09:29+00:00\",\"author\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/d24f19941a097bbccc3de64209caa656\"},\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/n-spesiale-moedersdag\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/n-spesiale-moedersdag\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/n-spesiale-moedersdag\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/05\\\/mothersday_1.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/05\\\/mothersday_1.png\",\"width\":819,\"height\":461},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/n-spesiale-moedersdag\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"\u2018n Spesiale Moedersdag\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/\",\"name\":\"Besige Breintjies\",\"description\":\"Make learning fun!\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/d24f19941a097bbccc3de64209caa656\",\"name\":\"Michelle Henningse\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8653d07695f6f0eee4939a974acc65a366c24e8c5fa9c2aae56186609a39e313?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8653d07695f6f0eee4939a974acc65a366c24e8c5fa9c2aae56186609a39e313?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/8653d07695f6f0eee4939a974acc65a366c24e8c5fa9c2aae56186609a39e313?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Henningse\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/af\\\/author\\\/michellebesige\\\/\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u2018n Spesiale Moedersdag - Besige Breintjies","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/n-spesiale-moedersdag\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"\u2018n Spesiale Moedersdag - Besige Breintjies","og_description":"Die laaste paar weke se denke en dade het gedraai om COVID-19 en die inperking. Nou is dit gelig na Vlak 4 en die meeste mense het verandering of \u2018n tipe terugkeer na \u201cnormaal\u201d verwag. Behalwe vir wintersklere koop, \u2018n stappie vroegoggend en wegneemetes wat afgelewer mag word, bly die meeste dinge maar dieselfde\u2026 Behalwe die rol van ma\u2019s (of enige prim\u00eare versorger in die huis) natuurlik! In hierdie tydperk het ons soveel meer empatie met mekaar en die verskillende rolle van ma wees. Ons weet nou definitief wat tuisbly mamma\u2019s op \u2018n daaglikse basis doen \u2013 koffie afsprake en middagslapies is glad nie deel daarvan nie. Ons kry nog meer respek vir werkende ma\u2019s, wat nou die pot aan die kook hou en alles by die huis seepglad laat verloop. Die rolle het vermeerder van mamma, kok, versorger, verpleester en beste maat, na juffrou, speelterapeut en sport afrigter. Almal se omstandighede lyk anders. Sommige salarisse is gesny, ander is vasgekeer in klein spasies en met opgehoopte energie. Ander bekommer weer oor tuisonderrig en akademie. Sommige ma\u2019s moet terug werk toe en skole bly gesluit. Hare en naels wat uitgroei en \u2018n verlange na vriende en familie is ook geldige [&hellip;]","og_url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/n-spesiale-moedersdag\/","og_site_name":"Besige Breintjies","article_published_time":"2020-05-07T07:52:59+00:00","article_modified_time":"2020-11-23T11:09:29+00:00","og_image":[{"width":819,"height":461,"url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/05\/mothersday_1.png","type":"image\/png"}],"author":"Michelle Henningse","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Henningse","Est. reading time":"4 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/n-spesiale-moedersdag\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/n-spesiale-moedersdag\/"},"author":{"name":"Michelle Henningse","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#\/schema\/person\/d24f19941a097bbccc3de64209caa656"},"headline":"\u2018n Spesiale Moedersdag","datePublished":"2020-05-07T07:52:59+00:00","dateModified":"2020-11-23T11:09:29+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/n-spesiale-moedersdag\/"},"wordCount":860,"image":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/n-spesiale-moedersdag\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/05\/mothersday_1.png","articleSection":["Interesting Articles"],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/n-spesiale-moedersdag\/","url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/n-spesiale-moedersdag\/","name":"\u2018n Spesiale Moedersdag - Besige Breintjies","isPartOf":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/n-spesiale-moedersdag\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/n-spesiale-moedersdag\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/05\/mothersday_1.png","datePublished":"2020-05-07T07:52:59+00:00","dateModified":"2020-11-23T11:09:29+00:00","author":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#\/schema\/person\/d24f19941a097bbccc3de64209caa656"},"breadcrumb":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/n-spesiale-moedersdag\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/besigebreintjies.co.za\/n-spesiale-moedersdag\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/n-spesiale-moedersdag\/#primaryimage","url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/05\/mothersday_1.png","contentUrl":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/05\/mothersday_1.png","width":819,"height":461},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/n-spesiale-moedersdag\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"\u2018n Spesiale Moedersdag"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#website","url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/","name":"Besige Breintjies","description":"Make learning fun!","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#\/schema\/person\/d24f19941a097bbccc3de64209caa656","name":"Michelle Henningse","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8653d07695f6f0eee4939a974acc65a366c24e8c5fa9c2aae56186609a39e313?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8653d07695f6f0eee4939a974acc65a366c24e8c5fa9c2aae56186609a39e313?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/8653d07695f6f0eee4939a974acc65a366c24e8c5fa9c2aae56186609a39e313?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Henningse"},"url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/author\/michellebesige\/"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/16904","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2884"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=16904"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/16904\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/16905"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=16904"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=16904"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=16904"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}