{"id":12516,"date":"2019-12-03T13:32:56","date_gmt":"2019-12-03T11:32:56","guid":{"rendered":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/?p=12516"},"modified":"2020-11-23T12:42:29","modified_gmt":"2020-11-23T10:42:29","slug":"sakgeld-iets-uit-die-oudedoos","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/","title":{"rendered":"Sakgeld &#8211; iets uit die oudedoos?"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Almal is pynlik bewus van die ekonomiese druk \u2013 veral hierdie\ntyd van die jaar. Mens spandeer altyd \u2018n bietjie meer, daardie 13de tjek of\nKersfeesbonus maak dit tog so maklik! Salarisse word in meeste gevalle \u2018n\nbietjie vroe\u00ebr betaal, wat handig te pas kom met vakansietyd, maar dit kan so\nmaklik \u2018n illusie van kitsrykdom skep. Dan kom Januarie \u2013 die langste maand in\ndie jaar, maerder as die 7 maer jare in die Bybel en droe\u00ebr as die Sahara. Nuwe\nskoolklere en skryfbehoeftes ruk mens weer terug na realiteit: <em>back to\nschool &#8211; back to reality &#8211; back to broke.<\/em> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Elke jaar belowe ek dat dit nooit weer sal gebeur nie, maar\nkom Januarie dan sit ek weer in dieselfde bootjie. Duidelik kort my\nfinansi\u00eblevermoens \u2018n bietjie skaafwerk \u2013 en ek glo vas dit is omdat ek nooit\nsakgeld as kind gekry het nie. Ek moet tog iemand blameer, nie waar nie? As\nkind was dit ideaal, ek kon meestal my ouers se arm draai deur aanhoudend te\nskimp vir die nuutste speeding of modegier. Vandag wens ek dit was anders! Sou\ndit my dalk geleer het om geld beter te bestee, te spaar of eenvoudig net die\nwaarde van geld te verstaan? As grootmens besef ek eers hoe hard my ouers moes\nwerk om daardie onnodige goed wat ek so graag as kind wou h\u00ea, te bekostig. Mens\nhet nie werklik die nuutste modes en popul\u00eare handelsmerke nodig nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vandag se kinders is anders \u2013 hulle word aan baie meer goed\nblootgestel te danke aan die nuutste tegnologie en sosiale media. Ja, mens wil\ngraag alles vir jou kind gee, maar iewers moet mens die krane toedraai sodat\njou kind die waarde van geld besef. Hoe anders as sakgeld?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wanneer ons aankope doen gebruik ons selde nog kontantnote\nof muntstukke. Kaarttransaksies of aanlynaankope is soveel makliker, maar dit\nbeteken dat kinders nie kan hoe geld uit hul beursie \u2018verdwyn\u2019 nie.&nbsp; Is sakgeld ooit nog \u2018n opsie? <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kundiges s\u00ea dat kinders so jonk soos 4 jaar kan al begin\nleer van geld en op die ouderdom van 6 kan hulle al suksesvol sakgeld\nbemeester. Daar word ook uitgewys hoe vroe\u00ebr \u2018n mens kinders begin leer van\ngeld hoe meer voordele hou dit vir hulle in. Voordele sluit ondermeer beplanning,\ndie opstel van begrotings, selfbeheersing, goeie werksetiek en aanspreeklikheid\nin.<\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">\u2018n Paar basiese beginsels:<\/h3>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Wees \u2018n goeie voorbeeld<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kinders leer deur te doen. Deel met jou kleinding jou\ndenkproses voordat jy geld uitgee. Verduidelik aan hulle waarna jy kyk \u2013 mens\nmoet prys, kwaliteit en hoeveelheid vergelyk. Weeg pryse hardop teen mekaar op\nterwyl julle kruideniersware koop. Laat jou kind raai wat \u2018n item sal kos\nvoordat julle dit in die mandjie laai, so leer hulle wat goed eintlik kos. Maak\n\u2018n lysie van wat julle alles moet koop, hou daarby en merk dit af soos julle\ninkopies doen. Verduidelik aan jou kind watter uitgawes julle elke maand\naangaan, sodat hulle kan leer wat beplande uitgawes (verblyf, brandstof, kos, rekeninge)\nis en wat onbeplande uitgawes, soos medisyne of \u2018n gebreekte ruit, is. Maak dit\nduidelik wat is noodsaaklik en wat is \u2018lekker om te h\u00ea\u2019 items.<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Sakgeld of nie sakgeld<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons onlangse Facebook poll het\naangedui dat die meeste ouers verkies om vir hul kleinding sakgeld te gee. Die\ngebruik van sakgeld leer verantwoordelikheid, motivering en selfdissipline. Sommige\nouers voel dat wanneer jy jou kind betaal om takies in en om die huis te doen, jy\nhulle leer om dit te sien as \u2018n straf en nie iets wat deel moet wees van jou\ndaaglikse lewe nie. Ander voel weer sulke take leer kinders om te werk vir hul\ngeld en trots te wees op hulle hard werk. Beloon jou kind met \u2018buitengewone\u2019\ntake soos die motor was, gras sny of troeteldiere bad. Ouers kan ouer kinders\nhelp om \u2018n begroting op te trek en na maandelikse uitgawes (die snoepwinkel,\nswemlesse of spaar) te kyk en s\u00f3 saam op \u2018n bedrag besluit. Doen wat vir jou\nhuishouding werk \u2013 \u2018n klein bedrag geld leer nogsteeds waardevolle lesse. <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Spaarvarkie<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Spaarvarkies help dat jonger\nkinders fisies kan sien hoe hulle geld groei, soos wat die varkie al swaarder\nen voller word. Die gebruik van \u2018n deurskynende varkie of glashouer word\naangeraai. \u2018n Mens kan selfs \u2018n tydlyn aan die varkie se lewe koppel, byvoorbeeld:\nons spaar in die varkie tot en met die Desember vakansie of tot jou\nverjaarsdag. Dit is altyd \u2018n goeie idee om te spaar vir \u2018n doel, dit maak \u2018n\nmens bietjie meer pligsgetrou om \u2018n maandelikse bydrae te maak. As jou kind nie\ngespaar het vir iets spesifiek soos \u2018n fiets nie, kan jy hom altyd die opsie\ngee om die geld eerder in \u2018n spaarrekening te sit en so addisionele rente te verdien.\n&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">Die 1 dag re\u00ebl<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Leer kinders om \u2018n dag te wag\nvoordat hulle iets koop. Alhoewel hulle op daardie spesifieke oomblik doodseker\nis dat dit is wat hulle <strong>wil<\/strong> h\u00ea, kan \u2018n bietjie tyd wel perspektief\nbring. Gaan huis toe, help om hule spaargeld te tel en uit te werk hoeveel sal\noor wees indien hulle die item sou koop. Wat is die implikasie van die aankope?\nDan sal hulle self kan besluit of dit die moeitewerd is en hoe graag hulle dit\nregtig wil h\u00ea. Probeer egter om hulle net te lei \u2013 dit is wel hulle geldjies. <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Almal is pynlik bewus van die ekonomiese druk \u2013 veral hierdie tyd van die jaar. Mens spandeer altyd \u2018n bietjie meer, daardie 13de tjek of Kersfeesbonus maak dit tog so maklik! Salarisse word in meeste gevalle \u2018n bietjie vroe\u00ebr betaal, wat handig te pas kom met vakansietyd, maar dit kan so maklik \u2018n illusie van kitsrykdom skep. Dan kom Januarie \u2013 die langste maand in die jaar, maerder as die 7 maer jare in die Bybel en droe\u00ebr as die Sahara. Nuwe skoolklere en skryfbehoeftes ruk mens weer terug na realiteit: back to school &#8211; back to reality &#8211; back to broke. Elke jaar belowe ek dat dit nooit weer sal gebeur nie, maar kom Januarie dan sit ek weer in dieselfde bootjie. Duidelik kort my finansi\u00eblevermoens \u2018n bietjie skaafwerk \u2013 en ek glo vas dit is omdat ek nooit sakgeld as kind gekry het nie. Ek moet tog iemand blameer, nie waar nie? As kind was dit ideaal, ek kon meestal my ouers se arm draai deur aanhoudend te skimp vir die nuutste speeding of modegier. Vandag wens ek dit was anders! Sou dit my dalk geleer het om geld beter te bestee, te spaar of eenvoudig net die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":12517,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[39],"tags":[],"class_list":["post-12516","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-interesting-articles"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.5 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Sakgeld - iets uit die oudedoos? - Besige Breintjies<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Sakgeld - iets uit die oudedoos? - Besige Breintjies\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Almal is pynlik bewus van die ekonomiese druk \u2013 veral hierdie tyd van die jaar. Mens spandeer altyd \u2018n bietjie meer, daardie 13de tjek of Kersfeesbonus maak dit tog so maklik! Salarisse word in meeste gevalle \u2018n bietjie vroe\u00ebr betaal, wat handig te pas kom met vakansietyd, maar dit kan so maklik \u2018n illusie van kitsrykdom skep. Dan kom Januarie \u2013 die langste maand in die jaar, maerder as die 7 maer jare in die Bybel en droe\u00ebr as die Sahara. Nuwe skoolklere en skryfbehoeftes ruk mens weer terug na realiteit: back to school &#8211; back to reality &#8211; back to broke. Elke jaar belowe ek dat dit nooit weer sal gebeur nie, maar kom Januarie dan sit ek weer in dieselfde bootjie. Duidelik kort my finansi\u00eblevermoens \u2018n bietjie skaafwerk \u2013 en ek glo vas dit is omdat ek nooit sakgeld as kind gekry het nie. Ek moet tog iemand blameer, nie waar nie? As kind was dit ideaal, ek kon meestal my ouers se arm draai deur aanhoudend te skimp vir die nuutste speeding of modegier. Vandag wens ek dit was anders! Sou dit my dalk geleer het om geld beter te bestee, te spaar of eenvoudig net die [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Besige Breintjies\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-12-03T11:32:56+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-11-23T10:42:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/blog_saving.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"819\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"461\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Besige Breintjies\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Besige Breintjies\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Besige Breintjies\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ce9ead25e489312e7ceffdb84f3b801b\"},\"headline\":\"Sakgeld &#8211; iets uit die oudedoos?\",\"datePublished\":\"2019-12-03T11:32:56+00:00\",\"dateModified\":\"2020-11-23T10:42:29+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\\\/\"},\"wordCount\":900,\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/12\\\/blog_saving.png\",\"articleSection\":[\"Interesting Articles\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\\\/\",\"name\":\"Sakgeld - iets uit die oudedoos? - Besige Breintjies\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/12\\\/blog_saving.png\",\"datePublished\":\"2019-12-03T11:32:56+00:00\",\"dateModified\":\"2020-11-23T10:42:29+00:00\",\"author\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ce9ead25e489312e7ceffdb84f3b801b\"},\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/12\\\/blog_saving.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/12\\\/blog_saving.png\",\"width\":819,\"height\":461},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sakgeld &#8211; iets uit die oudedoos?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/\",\"name\":\"Besige Breintjies\",\"description\":\"Make learning fun!\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ce9ead25e489312e7ceffdb84f3b801b\",\"name\":\"Besige Breintjies\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee7da9af83cf9b8587134fa34c054f59a4e9d4ccf76959b8352acd295dd9209a?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee7da9af83cf9b8587134fa34c054f59a4e9d4ccf76959b8352acd295dd9209a?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee7da9af83cf9b8587134fa34c054f59a4e9d4ccf76959b8352acd295dd9209a?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Besige Breintjies\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/besigebreintjies.co.za\\\/af\\\/author\\\/besige44brein22\\\/\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Sakgeld - iets uit die oudedoos? - Besige Breintjies","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Sakgeld - iets uit die oudedoos? - Besige Breintjies","og_description":"Almal is pynlik bewus van die ekonomiese druk \u2013 veral hierdie tyd van die jaar. Mens spandeer altyd \u2018n bietjie meer, daardie 13de tjek of Kersfeesbonus maak dit tog so maklik! Salarisse word in meeste gevalle \u2018n bietjie vroe\u00ebr betaal, wat handig te pas kom met vakansietyd, maar dit kan so maklik \u2018n illusie van kitsrykdom skep. Dan kom Januarie \u2013 die langste maand in die jaar, maerder as die 7 maer jare in die Bybel en droe\u00ebr as die Sahara. Nuwe skoolklere en skryfbehoeftes ruk mens weer terug na realiteit: back to school &#8211; back to reality &#8211; back to broke. Elke jaar belowe ek dat dit nooit weer sal gebeur nie, maar kom Januarie dan sit ek weer in dieselfde bootjie. Duidelik kort my finansi\u00eblevermoens \u2018n bietjie skaafwerk \u2013 en ek glo vas dit is omdat ek nooit sakgeld as kind gekry het nie. Ek moet tog iemand blameer, nie waar nie? As kind was dit ideaal, ek kon meestal my ouers se arm draai deur aanhoudend te skimp vir die nuutste speeding of modegier. Vandag wens ek dit was anders! Sou dit my dalk geleer het om geld beter te bestee, te spaar of eenvoudig net die [&hellip;]","og_url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/","og_site_name":"Besige Breintjies","article_published_time":"2019-12-03T11:32:56+00:00","article_modified_time":"2020-11-23T10:42:29+00:00","og_image":[{"width":819,"height":461,"url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/blog_saving.png","type":"image\/png"}],"author":"Besige Breintjies","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Besige Breintjies","Est. reading time":"4 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/"},"author":{"name":"Besige Breintjies","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#\/schema\/person\/ce9ead25e489312e7ceffdb84f3b801b"},"headline":"Sakgeld &#8211; iets uit die oudedoos?","datePublished":"2019-12-03T11:32:56+00:00","dateModified":"2020-11-23T10:42:29+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/"},"wordCount":900,"image":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/blog_saving.png","articleSection":["Interesting Articles"],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/","url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/","name":"Sakgeld - iets uit die oudedoos? - Besige Breintjies","isPartOf":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/blog_saving.png","datePublished":"2019-12-03T11:32:56+00:00","dateModified":"2020-11-23T10:42:29+00:00","author":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#\/schema\/person\/ce9ead25e489312e7ceffdb84f3b801b"},"breadcrumb":{"@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/besigebreintjies.co.za\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/#primaryimage","url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/blog_saving.png","contentUrl":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/12\/blog_saving.png","width":819,"height":461},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/sakgeld-iets-uit-die-oudedoos\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sakgeld &#8211; iets uit die oudedoos?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#website","url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/","name":"Besige Breintjies","description":"Make learning fun!","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/#\/schema\/person\/ce9ead25e489312e7ceffdb84f3b801b","name":"Besige Breintjies","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee7da9af83cf9b8587134fa34c054f59a4e9d4ccf76959b8352acd295dd9209a?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee7da9af83cf9b8587134fa34c054f59a4e9d4ccf76959b8352acd295dd9209a?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee7da9af83cf9b8587134fa34c054f59a4e9d4ccf76959b8352acd295dd9209a?s=96&d=mm&r=g","caption":"Besige Breintjies"},"url":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/author\/besige44brein22\/"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12516","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=12516"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/12516\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12517"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=12516"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=12516"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/besigebreintjies.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=12516"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}